Deur: Nela Roos

Die storie van my geveg teen kanker het eintlik reeds in 2009 begin, maar dit is ’n storie van bonatuurlike ingrypings van my hemelse Vader. Ek nooi jou om so ’n entjie saam met my te stap.

Ek maak my begeertes bekend
Baie jare voor ek hom leer ken het, was my man, Lou, vir ’n geruime tyd in ’n Bybelskool hier in Suid-Afrika en later twee jaar lank in Hawaii. Een aand deel ek my begeerte met hom om ’n kort dissipelskaps-kursus by dieselfde Bybelskool by te woon. Ons was betrokke in meer as een besigheid en Lou het uitgewerk wat ons sou benodig om al ons verpligtinge na te kom en personeel te betaal om dit te doen. Die bedrag was nogal groot en my reaksie was: “Regtig só baie? Ek sal met Abba Vader daaroor praat.”

Bedekte seën
In daardie tyd het ek skielik begin om gewig op te tel en dit was ’n konstante stryd om my gewig te beheer. Dit was later so erg dat ek mediese raad moes inwin. Ná etlike toetse is ek met skildklierkanker gediagnoseer. My skildklier en ander kliere in my nek is toe verwyder. Terwyl Lou my in die hospitaal besoek het, het een van sy ou vriende hom raakgeloop. Toe hy hoor van die kanker het hy dadelik gemeld dat die polis wat hy aan ons verkoop het, juis ’n spesiale dekking het indien ek enige kanker sou kry. Naastenby ses weke later het die polis presies die bedrag uitbetaal wat Lou gesê het ons sou benodig vir Bybelskool! Ons is kort daarna na die Bybelskool met al ons koste gedek.

‘Kom in vir verdere bloedtoetse’
Nou beweeg ons na 2020. My moeder het aangehou dat ek vir haar ’n mammogramafspraak moet maak. Op die ou end het ek dit vir ons albei gereël. Ek en Lou was by ’n restaurant toe my foon lui. Dit was om my in kennis te stel dat ek borskanker het en dat ek dadelik
moet inkom vir verdere bloedtoetse. Ons vis en skyfies is in taamlike stilte geëet.

Aanvaarding vir die ‘nuwe Nela’
Die volgende paar maande was vol pyn, vrese, hartseer, aanpassing by ’n nuwe lewenstyl en massiewe mediese koste. Ek is deur ’n mastektomie, 16 chemoterapie-sessies, 14 bestralingsessies en baie pyn en ongerief, maar tog was daar ’n teenwoordigheid van die Here in alles wat ek ervaar het. Ek het al my hare verloor, my lyf is verander, my kleredrag moes aangepas word en ek moes leer om die “nuwe Nela” in die spieël te aanvaar. Ek het geleer om te sê: “This too shall pass.”
Die dag met my laaste bestraling was dit asof ek die wenpaal bereik het. Ek weet sonder Lou se ondersteuning en aanvaarding sou ek nie die pad kon stap nie. Dit het my staande gehou.

Ek wou met Vader praat en dan besluit
Ek moet elke vier maande vir bloedtoetse gaan om seker te maak ek is nog kankervry. ’n Paar maande terug kyk die dokter my vol simpatie aan en sê: “Jou tellings is weer verhoog, maak asseblief ’n afspraak dat ons kan bespreek hoe ons dit gaan behandel.” Ek het werklik nie gedink ek sou so gou weer sit met die nuus dat die kankermonster weer sy kop uitgesteek het nie. Ek het doodstil na die motor gestap en nie ’n afspraak gemaak nie. Ek het vir Lou gesê dat ek nie weer vir chemo wou gaan nie. Ek wou eers met Vader praat en dan besluit. “Los my dan eerder dat ek so leef daarmee tot ek die dag doodgaan.”
Vader het altyd vir my dieselfde Skrifte gegee: “Those that endure to the end …” en “I will be with you …”

Oxygen Products in my stryd teen kanker
Terwyl ek so ernstig met Vader praat, stap ’n ou kennis weer in ons lewens in en vertel ons van Oxygen Products. Ek het oorspronklik nie besef hoe wonderlik die produk is nie, maar het begin navorsing doen en op die internet rondgekrap. Dit het my heeltemal anders laat kyk na kanker en die behandeling daarvan. Ná ’n onverwagse oproep van Venetia Kruger, die ontwikkelaar van Oxygen Products, het ek met ’n hoër as normale dosis van hulle produkte begin in my stryd teen kanker. Venetia se aanbeveling was om Mega Oxygen en Heart Health te gebruik. Ek het besluit dat ek vir my volgende bloedtoets sal gaan en in my gees geweet daar sal ‘n ander uitslag wees.

Kankertelling dramaties laer
Ek het onlangs een aand in ongevalle beland met verskriklike maagpyn. Hulle het bloed getrek en verskeie toetse gedoen, maar kon nie met sekerheid die oorsaak van my pyn bepaal nie. Ek het gevra dat hulle ook die kankertellings doen. Die uiteinde: My twee kankertellings wat bo 30 moes wees as ek weer behandeling moes ontvang, was albei op 8. Ek het nie meer chemo of soortgelyke behandeling nodig nie.

My nuwe begin
Die getal agt in die Bybel is ’n “nuwe begin”. Ek sê “Dankie, Abba Vader, vir U getrouheid.” Ek weet wonderwerke gebeur nog en meestal kom dit nie in die formaat waarin ons gedink het dit sal kom nie. Myne het in twee botteltjies Oxygen Products gekom. Ek weet dit was Vader se manier om my te help met my kleingelowigheid. Dit was die formaat hoe ek dit moes ontvang.

Bestel jou produkte aanlyn by:
www.oxygenproducts.org of skakel 021 557 0446


21 Januarie 2021

 

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org