Deur: Pastoor Ron Kinnear

Met betrekking tot ons gesprek oor hoe om die ongekerkte jeug vir Christus te bereik, lewer Francois de Jager, ’n pastoor van die AGS Salvation to Every Nation, die volgende kommentaar:

“Waarom moet ongekerkte jeug met die Evangelie bereik word? Die antwoord is in Romeine 3:23: ‘Almal het gesondig …’ – insluitend die jeug! Deur die jare het ons al honderdduisende jongmense deur ons Reload Youth Conference-program met die Evangelie bereik. Ons werk saam met die plaaslike gemeentes in ’n gegewe gebied en, met die seën van hulle herders, betrek ons die jeug van elke gemeente. So ’n veldtog behels goeie beplanning. Busse moet gehuur word, die gepaste lokaal om duisende jongmense te akkommodeer, beligting, klank, ens. moet alles gereël word. Die boodskap is kort en kragtig en word op ’n vlak aangebied waarmee die jeug kan identifiseer. Dit is altyd ’n groot vreugde om te sien hoe duisende jongmense op die uitnodiging reageer om Christus as hulle Saligmaker aan te neem. Daar is ook beraders wat vir elke individu kan bid en hulle bedien. Weens die COVID-19-inperking moes ons herfokus.

Massabyeenkomste mag nie tans gehou word nie. Nou konsentreer ons op skole. Ons is besig om 600 leiers vir ons skooluitreike op te lei. Ons noem dit die 5P-strategie. Ons fokus op hierdie vyf punte: gebed, jou persoonlike getuienis, die Evangelie, die krag van die Heilige Gees en praktiese antwoorde op taai vrae waarmee die jeug te kampe het. Dit is tans ons antwoord om die ongekerkte jeug te bereik. Die resultate spreek vanself. Hulle kán bereik word en die jeug wíl die Here dien!”

Kontak Francois by info@salvationten.com

RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraan-sendeling en stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za


31 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)