Deur: prof. Stephan Joubert

“Ek het my geloof verloor.” Skielik is sulke tipe uitdrukkings nie meer so vreemd nie. Die rede vir sulke geloofsverliese klink orals min of meer dieselfde: “God het my in die steek gelaat. Hy het my nie gehelp toe ek in die moeilikheid was nie.”

Mense verwar God met hulle eie idees oor Hom
Vandat COVID-19 met ons is, is die dood meer populêr as ooit. In dieselfde asem lê hierdie pandemie ook baie mense se halfgebakte idees oor God bloot. Jare lank was dit populêr om te sê: “Wat moet gebeur sal gebeur.” Of soos wat die Engelse ouens sê: “Everything happens for a reason.” Almal het saamgestem, kerklikes inkluis. Geen wonder nie dat dié wat dít glo, nou hulle geloof betwyfel. Hulle verwar die lewende God met hulle eie idees oor Hom.

Die “Job-flop”
Dit is maklik om te glo alles gebeur met ’n rede wanneer alles goed gaan, maar as COVID-19 te veel mense laat sterf, wonder sommige mense skielik hoe Hy so wreed kan wees. Hierdie misverstand oor God is geen nuwe nuwigheid nie. Job worstel ook hiermee. Ek noem hierdie misverstand juis “die Job-flop” of “die Job-predikament”.

’n Foutiewe idee
Aanvanklik is Job die slagoffer van hierdie foutiewe idee dat letterlik al God se planne in sement gegiet is en dat niks of niemand enigiets hieraan kan verander nie. Job beskuldig vir God dat sy lewensdae vasgelê is in onbreekbare beton. Hy voel hy kan niks hieraan doen nie, want God het sy strepie lankal getrek. Plante en bome is beter daaraan toe as hy. Hulle groei weer uit as hulle afgekap word, maar hy wat Job is, se lewensdae is afgemeet (Job 14:5-12).

Buite konteks
Baie mense het Job se verwytende woord aan God oor sy vasgestelde lewensdae in Job 14:5 uit die oorspronklike konteks verwyder. Hulle het dit blindelings begin glo asof dit ’n Bybelse leerstuk is. Fout! Toe nie! Hierdie vers vorm deel van Job se misplaaste aanklag teen God. Dit is juis hoekom Job vir God beskuldig van onregverdigheid en wreedheid. Sy aanvanklike foutiewe idees, wat hier in Job 14:5 woorde kry, laat hom skreiend in die steek. Dieselfde gebeur steeds deesdae met baie mense.

God is genadig
Gelukkig gryp God in. Hy help Sy kneg reg terwyl hy nog vasgevang is in sy “Job-flop”. In Job 38 tot 41 openbaar God Sy hart aan Job. Hy wys vir Job Hy is die Almagtige. Hy is die Skepper van hemel en aarde, maar Hy is nie ’n despoot nie. God is so groot en sterk dat Hy eiehandig die skepping aanmekaargesit het. Maar God is so genadig dat Hy elke dier en plant steeds versorg. Hy is nie ’n tiran wat alles koud en klinies beheer nie. Sy wese as die God van liefde en ontferming bepaal Sy planne, Sy heerskappy en Sy teenwoordigheid by ons.

Ons is nie willose robotte nie
God dwing mense nooit in willose gietvorms in nie. Ons is nie menslike robotte wat kant en klaar vooruit geprogrammeer is nie. Ons word voor God vir ons keuses tot verantwoordelikheid geroep. In Jeremia 18 se taal vra die Here dat ons goeie klei in Sy hand sal wees. Hy sê hier vir Jeremia dat Hy steeds besig is met ’n dinamiese plan. Hy wil hê Sy volk moet met hom saamwerk. Dan sal dit ’n goeie plan wees wat ons verander in lewende kunswerke wat Sy heerlikheid weerkaats.

Vind jou troos in God, niks anders nie
Ons moet reg dink oor God sodat ons reg sal glo. Ons moet God se eie openbaring van Homself glo – soos Hy dit in Job 38 tot 41 deel. Dan sal ons ophou om ons sekerheid – of ons gebrek hieraan – te vind in getrekte strepies of hemelse planne wat in hemelse sement gegiet sou wees. Ons moet ons troos, ons vastigheid, ons sekerheid en ons geloof in God self vind, nie in ons eie idees oor Sy planne vir ons lewe nie.

Dan kan ons getroos leef en sterf
Ons troos is dat ons in lewe en in sterwe aan Christus behoort en dat niks of niemand ons uit Sy hand kan steel nie: nie eens die dood nie. As ons dit weet, dan weet ons genoeg oor God se plan met ons lewe. Enigiets meer as dit is geestelike bespiegeling. Ons is nie veronderstel om godsdienstige bespiegelaars te wees nie. Ons bou ons geloof op dit wat God self oor Homself in die Woord bekendmaak. Dan kom ons saam met Job tot rus in Job 42, want ons weet die almagtige God is aan die stuur van sake. Dan weet ons saam met Paulus in Romeine 8 dat niks ons kan skei van God se liefde in Christus nie. Dan weet ons genoeg van God af om getroos te leef en te sterf.

PROF. STEPHAN JOUBERT is die stigter van ekerk en hoogleraar in teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, die Noordwes-Universiteit en die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland. Vir meer inligting: ekerk.org of info@ekerk.org


28 November 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org