-deur Val Waldeck

Die beste manier om met mense om te gaan wat Christus verwerp, is om Jesus se voorbeeld te volg. Hy het hulle nie oor die kole gehaal, beledig of Sy mening in hulle keel afgedruk nie. Hy het altyd dié wat opreg soekend is, nederig met respek en waardigheid behandel.

Tog het Hy steeds die waarheid verkondig, sonder om kompromie aan te gaan. Die ryk, jong heerser was nie bereid om hom aan die Verlosser te onderwerp nie. Markus 10:17-31 noem dat die Here die jongman liefgehad het, maar Hy het hom toegelaat om sy eie besluit te neem. Dit sou tot sy ewige verlies lei, maar hy het duidelik verstaan dat Jesus die Here van alles moet wees, anders is Hy glad nie die Here in jou lewe nie.

Geen intergeloofpraatjies het oor Jesus se lippe gekom nie. Hy het gehuil oor die Jode se besluit om Hom te verwerp. “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie!” – Matteus 23:37. Hy het slegs harde woorde gehad vir dié wie se lewe nie met hul praatjies ooreenstem nie (Matt 23).


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)