Deur: pastoor Ron Kinnear

Hierdie geloofsreis het nie oornag gebeur nie. My vroeë jare in die bediening het my voorberei vir die werk waarvoor die Here my geroep het. Ek het talle preke gehoor oor hoe die Here in Elia se behoeftes voorsien het deur die weduwee wat net ’n kruik olie oorgehad het.

Elia het aangedring dat sy ’n maaltyd vir hom voorberei. Sy was gehoorsaam, met die gevolg dat die olie gevloei het totdat al die leë houers wat sy kon kry, tot oorlopens toe gevul is! Daar was talle soortgelyke getuienisse onder die vroeë pioniers in die Pinksterbeweging. Met hierdie ingesteldheid het ek dus in daardie vroeë jare twee kerke geplant.

Die een was ’n Engelssprekende kerk in die hartjie van Pretoria. Ek het ’n dapper stap van gehoorsaamheid geneem om eiendom te koop. ’n Sakeman het die deposito geskenk wat die bank vereis het voordat ’n verband aan ons toegestaan kon word. Die kerk was dan verantwoordelik vir die hersonering van die eiendom, die maandelikse verbandterugbetalings en om die bestaande huis in ’n kerk te omskep. Dít was toe wonderwerke begin gebeur het!

Die eiendom is gehersoneer, maar omdat die buurman beswaar gemaak het, het die munisipale raad beslis dat ons ’n hoë muur tussen die twee eiendomme moes oprig. Die kerkleierskap het gevoel dit is onredelik en het aangedring dat ons teen die uitspraak moet appelleer. Ek het gedink ons ​​moet die Here vertrou en gehoor gee aan die beslissing. Ons het ’n dooiepunt bereik – totdat ek ’n koevert uit my sak gehaal het wat ’n prokureur die vorige aand vir my gegee het.

Dit was ’n tjek vir die presiese bedrag wat ons benodig het om die muur te bou! Die prokureur het geen voorafkennis gehad van hoeveel benodig is nie en tog was sy tjek presies die regte bedrag! Ek kan steeds die verbasing op die leierskap se gesigte sien toe ek daardie tjek te voorskyn bring. Die mosie is aanvaar en die muur is opgerig.

RON KINNEAR is die president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za Hierdie is ’n uittreksel uit sy boek, Behind on points, wat binnekort beskikbaar sal wees.


29 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org