Deur: Ron Kinnear

“En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien …” – Filippense 4:19

In die vorige uitgawe het ek getuig hoe ons gemeente deur God se voorsiening die eiendom vir ons kerk in Pretoria kon koop. Die volgende uitdaging vir ons was om die huis in ’n kerkgebou te omskep. Ek het ’n beroep op die klein gemeentetjie gedoen om ’n boufonds te begin. Ek het voorgestel dat elkeen die Here se leiding moet vra vir die bedrag wat hulle tot die boufonds kan bydra en hulleself dan deur die geloof daartoe verbind. Die geld moes ook nie uit hulle gereelde maandelikse inkomste kom nie, maar uit ’n ander, onverwagte oord.

Die gemeente se reaksie was oorweldigend. ’n Goeie bedrag is daardie aand belowe en ons almal se geloofsspiere is geaktiveer. Wonderlike getuienisse van God se voorsiening het gevolg. Met my eie belofte het ek ook die grense oortref van wat ek gedink het moontlik sou wees (in my eie krag). Geloof was nou in aksie!

Kort daarna het ek in die middestad gestap en ’n motor gesien wat te koop was. Die Here het in my hart gefluister: “Koop daardie voertuig.” Ek het die geld by die bank geleen, die verkoper betaal, huis toe gery en die motor in ons oprit parkeer. Terwyl ek in ons gang afstap, was daar ’n klop aan die voordeur. Toe ek die deur oopmaak, het daar ’n man gestaan wat die motor wou koop. Ek het voorgestel dat hy ’n aanbod maak. Hy het ’n oomblik gedink, en die bedrag genoem. Dit was gelyk aan die presiese bedrag wat ek vir die motor betaal het, plus die bedrag wat ek aan die boufonds belowe het!

My geloofsreis het begin! Die verbandterugbetaling vir die kerkgebou het nooit uit ons gewone inkomste gekom nie, maar elke maand uit ’n ander bron!

RON KINNEAR is die president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za Hierdie is ’n uittreksel uit sy boek, Behind on points, wat binnekort beskikbaar sal wees.


16 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org