—deur Barbara Claassen

Drome is een van die maniere waarop God met ons kommunikeer. Die Bybel verwys meer as 200 keer na drome en visioene. Drome is die hemelse taal waarin God met ons kommunikeer. Hy is ’n bonatuurlike Wese wat begeer om met ons te praat. “Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in ’n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed” – Job 33:14-17. My ervaring van so ’n droom is wanneer die Here in jou slaap ’n stukkie van Sy hart en gedagtes in jou hart plaas. Wat op daardie oomblik gedroom word, is ’n geheimenis in Sy Koninkryk wat Hy ontvou. Dit is asof Hy jou toelaat om die skat in Sy hart te sien. Die oomblik wanneer die pêrel van drome ontdek word, bewaar jy dit met jou lewe.

Ontdekkings, wat die wêreld se geskiedenis verander het, is ook al in drome ontvang. Elias Howe het byvoorbeeld die eerste naaimasjien in 1846 ontwerp nadat hy gedroom het van kannibale wat om hom dans met hulle spiese. Hy het opgemerk dat die punt van die spies ’n gaatjie in gehad het. Toe hy wakker word, het hy besef dat dít die sleutel kon wees om die naald deur die materiaal te laat gaan en die garing deur te trek.

Simboliek speel ’n groot rol in ons drome. Twee derdes van die Bybel bevat simboliese beelde. Jesus se dissipels het Hom gevra waarom Hy met hulle in gelykenisse praat. “Toe antwoord Hy en sê vir hulle: ‘Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie’” – Matteus 13:11.

Ons ignoreer baie van ons drome omdat ons nie die boodskap verstaan nie. Al wat die Here van ons verwag, is dat ons die Heilige Gees vir die interpretasie vra. Josef en Daniël het ook duidelik gesê
dat hulle interpretasies net van Here kom.

BARBARA CLAASSEN is die outeur van Sleutels vir drome en The dream book. Sy is werksaam by The Well Dream Centre. Kontak haar gerus by cumi@mweb.co.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)