In hierdie kragtige getuienis sien ons die hart van God om herstel te bring en oneindig meer te doen as wat ons bid of dink (Ef 3:20). Stel jou vir ’n oomblik voor dat die uitdaging waarmee jy vandag te doen het nie net oorkom word nie, maar deur die genade van die Here en Sy genesende hand word jou verwagtinge in so ’n mate oortref dat dit ’n verskynsel is wat wêreldwyd minder as 20 keer voorgekom het! Dit is wat met Chantell en Kevin Davis gebeur het omdat hulle hul volle vertroue in God alleen gestel het om ’n baba te hê nadat daar vir hulle gesê is dat dit onmoontlik sou wees …

Ek en Kevin is in 2008 getroud en ons was baie opgewonde om ons eie gesin te begin. ’n Jaar later was ek swanger met ons eersteling. Dit was ’n wonderlike ervaring en ek was gedurende die swangerskap oorweldig deur God se liefde. Ons gesonde seuntjie is in 2010 gebore. Ná ’n jaar het ons gehoop dat ek weer swanger sou word en dat ons ons kinders se ouderdomme naby aan mekaar kon hou. Ek het egter verskeie kommerwekkende simptome opgemerk soos haarverlies, aknee vir volwassenes, gewigstoename en geen maandelikse siklus nie. Ons het besluit om ’n ginekoloog te raadpleeg wat na ’n reeks toetse bevestig het dat ek PSOS (polisistiese ovariale sindroom) het. PSOS is een van die hoofoorsake van onvrugbaarheid by vroue, want die hormonale wanbalans belemmer die groei en vrystelling van eiers uit die eierstokke (ovulasie).

Volkome vertroue in God
Hierdie nuus was so ’n skok en beslis onverwags, aangesien ek in die fleur van my lewe was. Ek was hartseer om te dink dat ek nie meer kinders sou kon hê nie. Ek het nog altyd van ’n groot gesin gedroom – dit was my hart se grootste begeerte. Ons het ons onmiddellik tot die Here gewend omdat ons ’n vaste geloof in Christus se genesende krag het. Ons glo dat God wonderwerke kan laat gebeur. Die dokter het ons aangeraai om met vrugbaarheidsbehandeling te begin – wat ek wel gedoen het, maar ná drie maande het Kevin gesê hy verkies dat ons alle medikasie stop. Hy het vir my gesê: “As ons nog ’n baba gaan hê, sal God ’n wonderwerk laat gebeur.” Ons het op God se Woord vertrou en elke teksvers oor kinders en vrugbaarheid gelees en ons eie gemaak. ’n Vrou het ’n profetiese woord vir my gehad en gesê: “Die vrug van jou skoot sal vrugbaar wees.” In Sy genade gee die Here ’n mens beloftes waaraan jy kan vashou wanneer jy ’n reis van onsekerheid beleef. “Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee” – Deuteronomium 28:4 (OV). “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.” – Psalm 23:4

Die God van wonderwerke
Terwyl ons vertrou het dat ek sou swanger raak, het Kevin ’n baie helder droom gehad waar hy twee wiegies en twee babas in blou kombersies gesien het. Ek het nooit moed opgegee nie, maar in Augustus 2011 het ek egter ’n vroeë miskraam gehad wat ’n uiters emosionele ervaring was. In September 2011 het ek olik begin voel. Toe die simptome nie weggaan nie, het ons besluit om ’n bloedtoets te laat doen. Die personeel het ons teen daardie tyd al by die naam geken. Ek wou nie die uitslae sien nie, want ek was bang vir nog ’n teleurstelling. Kevin het ’n positiewe resultaat van die laboratorium teruggebring en gesê dat ek twee weke swanger was! Ek wou uit my vel spring van vreugde en was baie emosioneel.

En toe is daar twee!
By die vyfweke-mylpaal is ons na die ginekoloog, dr. Douglas Seton, wat ’n sterk hartklop kon hoor. Die dokter het die nodige meetwerk gedoen en ons gelukgewens met die nuwe baba wat op pad was. Ons het oor die wonderwerk gejubel! Op 11 weke het ek vreeslik rugpyn gehad weens ’n senuwee wat vasgeknyp is en het daarom ons huisdokter besoek vir ’n inspuiting. Ek was so gretig om te sien hoe ver ons baba gegroei het dat ek hom gevra het om ’n sonarskandering vir my te doen, aangesien hy ’n sonarmasjien in die spreekkamer gehad het. Sy oë het gerek en hy het my lêer nadergetrek. Toe glimlag hy breed en wys my op die skerm dat ek ’n tweeling verwag! Ek kon dit nie glo nie. Ná ons afspraak het ek in die motor gesit; ek en Kevin was al twee tranerig, maar baie opgewonde oor die swangerskap. Ons het elke klein besonderheid van die sonarfoto bestudeer – die liefde vir ons babatjies het ons harte oorstroom. Die volgende dag het die ginekoloog bevestig dat ek ’n tweeling verwag en dat dit ’n uiters seldsame geval was waar die jongste van die tweeling meer as ’n week ná die ander verwek is.

’n Uiters ongewone
Dit is ’n uiters seldsame geval en word ’n “dubbele swangerskap” genoem, in Engels ook bekend as superfetation. In ’n onlangse artikel in die UK Mail Online is genoem dat die kans vir so iets om te gebeur “1 uit 600 miljoen” is. Daar is wêreldwyd minder as 20 gevalle aangeteken, waarvan ongeveer vyf in Afrika was. Dit was egter ongewoon in my geval, aangesien ek nie vrugbaarheidsmedikasie gebruik het nie. Ons seuns is op 2 Mei 2012 met ’n keisersnee gebore. Hulle lyk heeltemal verskillend. Die een is lank, het donker hare en is groot gebou – sy naam is Colin. Die ander een is kort, blond en verskil van persoonlikheid en temperament – hy is Nathan. In 2016 het God ons met nog ’n babaseuntjie, Chad, geseën. Ons huishouding is baie besig, luidrugtig en mededingend, maar vol liefde. Die tweeling is nou nege jaar oud.

Jou beproewing kan ook jou getuienis word
Ek vertrou dat hierdie verhaal dié wat met onvrugbaarheid sukkel sonder twyfel sal weet dat ons die God van wonderwerke dien. Hy het geen perke nie en is oneindig kreatief.


5 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org