-deur Johan Jacobs

Met GO NATURAL se 4-punt-plan:

  1. Inligting: Bemagtig jouself met die nodige kennis met ons boek, GO NATURAL.
  2. Suiwer water is die grondslag van jou gesondheid.
  3. Groentesap is jou natuurlike medisyne.
  4. Stapelvoedsel – heilsame heelgraanprodukte

1. Skaf my boek, Go Natural, aan vir meer besonderhede oor hierdie natuurlike, gesonde dieet en hoe om in hierdie moderne era in waarheid en wysheid te lewe.

2. ’n Waterdistilleerder – jou oplossing vir suiwer water 
Verander slegte, besoedelde water vol chemikalieë in suiwer, lewegewende water. Suiwer water is jou liggaam se belangrikste behoefte. Water help om gifstowwe uit ons liggaam te verwyder, maar hoe kan die water dit doen as die water self ’n bron van gifstowwe is? Maak jou eie suiwer reënwater. Gebruik die Skepper se metode om water skoon te maak. Ons waterdistilleerder is nie ’n filtreerder nie; dit suiwer die water. ‘n Distilleerder hou tot 20 jaar lank en is van die begin tot die einde 99,99% doeltreffend.

3. ’n Versapper – jou oplossing vir rou groente / medisyne
Drink jou groente vir beter gesondheid! Weens ons gejaagde, moderne lewenstyl, is dit onmoontlik om genoeg rou groente (met hul antioksidante, plantchemikalieë, lewende minerale, ensieme, vitamiene, ens.) vir optimale voeding in te neem. Versapping van groente is een van die beste bronne van voedingstowwe vir die opbou en regenerasie van ons liggaam en immuunstelsel. Omdat die sap van die vesel geskei word, is die voordeel daarvan dat vertering soveel makliker en meer doeltreffend is. Met ’n goeie ratversapper, soos die GREEN STAR, gaan min voedingstowwe verlore, plus die super-nutriënte beland baie vinniger in jou bloedstroom om hulle goeie werk te doen.

Gebruik jou versapper ook om:
• Te ontgif (detoks) met ’n daaglikse groentesappie
• Maak jou eie neutbotter
• Maal koringspruite vir Essene-brood
• Maak rou soppe
• Maak jou eie roomys
• Maak babakos

4. ’n Meule – jou oplossing vir stapelvoedsel
’n Mens kan nie verfynde witmeel met volgraanmeel vergelyk nie. Witmeel bevat slegs 10% van die voedsaamheid van ’n koringkorrel. Dit veroorsaak ’n chemiese wanbalans in jou liggaam en skade wat kan lei tot dinge soos vetsug, diabetes, ens. Graankos soos brood, pizza, pasta, ens. moet slegs met pasgemaalde, lewende en organiese grane gemaak word. Dit verseker dat die brose essensiële vetsure en aminosure (proteïen) in die kiemsel van die graan vars en behoue bly. Behalwe vir die groter hoeveelheid nutriënte, smaak dit ook drie maal beter. ’n Mens raak ook nie so gou honger nie.


Ons verkoop ’n verskeidenheid graan – onder meer die oer-koring, einkorn, en die blou hopi-mielie, wat glo per massa meer antioksidante as bloubessies bevat.

Ander produkte in ons winkel:
• Bakbenodighede
• Skoonheid
• Gesonde Drankies
• Bybelse Olies
• Versappers
• Boeke & Media
• Brood
• Botter & Smere
• Melkprodukte
• Vervangings
• Dehidreerders
• Gedroogde Vrugte
• Essensiële Olies
• Fermentasiepotte
• Gefermenteerde Kosse
• Kosverwerkers
• Bevrore Voedsel
• Vrugte & Groente
• Graan & Peulvrugte
• Kruie & Sout
• Huisskoonmaakprodukte
• Kombuisgerei
• Vleis & Hoendervleis
• Neute
• Spaarparte
• Rebounder (mini-trampolien)
• Sade
• Spruitjie-benodigdhede
• Klipmeulens
• Superkosse
• Aanvullings
• Versoeters
• Tee & Koffie
• Asyne & Olies
• Waterhouers
• Eiers, ens.

‘Om GESOND te leef is nou makliker as ooit. Koop al jou gesondheidsprodukte AANLYN by Go Natural!’

Skakel 021 852 2744 | info@gonatural.co.za
Vir ons AANLYNWINKEL, besoek: www.gonatural.co.za
Getuienisse – lees al die verstommende getuienisse op ons webtuiste.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)