Deur: Heinrich Gabler

Dit was ’n Saterdagmiddag en ek het gaan inkopies doen. Op pad na my motor sien ek ’n bejaarde man wat lyk of hy gaan flou val. Gelukkig was daar ook ’n ander jong man wat die bejaarde oom te hulp gesnel het sodat hy nie val en homself beseer nie. Die bejaarde man het sy bewussyn verloor en ons het hom saggies op die grond neergelê. Iemand anders het reeds die ambulans gebel. Die bejaarde oom se vrou was ook by. Sy was baie bekommerd, maar ek het haar verseker dat alles oukei gaan wees – my optimistiese persoonlikheid het so gehoop.

‘Gaan terug en bid vir hom’
Ek voel toe die oom se pols. Daar was gelukkig nog ’n hartklop en hoop. Ons het ’n kussing onder sy kop ingeskuif en kon niks verder doen behalwe wag vir die ambulans nie. Ek het my inkopies in my motor gaan bêre en wou inklim en huis toe ry, maar die Heilige Gees sê vir my dat ek moet teruggaan en vir hom moet bid. Ek bid toe en vra dat die engele die oom moet beskerm en dat die Here hom asseblief moet spaar. Ek het vir die oom se vrou en sy dogter, wat ook op die toneel aangekom het, gesê dat ek bid en vertrou die Here gaan hom red en volkome genees.

Wonderwerke gebeur nog
Ná omtrent tien minute wat soos ’n leeftyd gevoel het, het die oom sy oë oopgemaak, maar sekondes daarna het sy oë omgedop en dit het amper gelyk asof hy sy laaste asem uitgeblaas het – maar ek het aanhou bid. Ná omtrent twee minute het hy weer sy bewussyn herwin. Hy wou opstaan. Ons het hom kalmeer en gesê die ambulans is amper daar. Ek besef toe dat wonderwerke nog gebeur, ons het pas een beleef.

’n Woord van die Here
Die ambulans het opgedaag en die paramedici het by ons oorgeneem. Ek het na my motor toe gegaan nadat ek met die oom se dogter gepraat het. Die Here het ’n woord op my hart gelê wat ek met haar moes deel. Dit was dat die Here die oom nog wil gebruik vir Sy Koninkrykswerk. So lank as wat hy nog asemhaal, wil die Here hom gebruik. Sy sê toe vir my met trane in haar oë dat haar pa ’n gelowige en baie lief vir die Here is.

Die Here soek die wat gewillig is
Ek het opnuut besef dat as die Here daardie bejaarde oom nog kan gebruik, hoeveel te meer vir my wat nog ’n jong man is met hope energie en wat daagliks met baie mense te doen kry! Daardie dag was ’n monumentale oomblik in my lewe. Mag daardie ervaring vir ons elkeen opnuut laat besef dat die Here net iemand soek wat gewillig is om Sy werk te doen. Hy sal ons lei. Die Here wil ons almal gebruik en ons is tot enige iets in staat deur Hom wat ons krag gee.

HEINRICH GABLER het ’n bediening, UpcycleSA en verskaf balle en sporttoerusting aan behoeftige kinders. As jy tweedehandse balle ens. wil skenk of hom as gasspreker wil nooi, kontak hom by gablerheinrich@gmail.com


6 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org