Deur: Herman de Kock

Ons het onlangs saam met kinders op reis gegaan om God se plan met hierdie wêreld tasbaar te demonstreer. Dit het begin met ’n oefening waar hulle in spanverband ’n foto op hulle foon ontvang het en dan moes uitpluis waar hierdie landmerk is. By die landmerk uitgekom, het hulle ’n vers uit die Bybel ontvang. Dit is dan met nog ’n landmerk opgevolg en nog ’n Bybelvers. So het dit aangehou totdat hulle deur verskeie tekste in die Bybel gewerk het, vanaf Genesis tot Openbaring – die laaste teksgedeelte waar hulle toe met ’n pakkie lekkernye verras is.

Die analogie is een van ’n reis saam met jou ouers. Byvoorbeeld ’n reis see toe. As kind het jy nie regtig kennis oor hoe jou ouers daar gaan uitkom nie. Jy weet ook nie hoekom julle op sekere plekke stop en na monumente of landskappe kyk nie. En in plaas daarvan om hulle te vra hoekom hulle daar gestop het en byvoorbeeld na die Drakensberge te kyk en die name van die pieke te leer, raak jy al hoe meer gefrustreerd, want die see wag! Maar moenie die opwinding, skoonheid en geleentheid vir groei op pad miskyk nie. Moet ook nie die gesprek met jou gesin misloop nie.

Dit alles dra by tot die volheid van die seevakansie. God se plan werk só. Hy gee vir ons ’n padkaart, vanaf die belofte in Genesis, deur die emosionele heuwels van die Psalms en die bevestiging van die belofte in die profete, tot by die verwesenliking van die belofte met Jesus se geboorte en uiteindelik die hoogtepunt in die ewigheid saam met Hom soos in Openbaring 21 en 22 beskryf word. Daarom maak Paulus met Efesiërs 1:9-10 in gedagte die oproep om die lewe met geesdrif te leef, want deur die Bybel kan ons sien wat God se plan is!

Geloofstroom:
HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.
www.geloofstroom.org

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


1 Januarie 2021

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)