Deur: Phillip Pretorius

Ons leef in uitdagende tye, môre lyk onseker en gister beïnvloed vandag. Die druk en gejaag van ons samelewing veroorsaak dat vrede en geluk dikwels in verwyte en teleurstellings eindig. Die werklikheid van vrees en allerhande sielkundige probleme is algemeen en ons staan daagliks voor onsekere lewenskeuses wat ons moet maak.

Is daar hoop? Hoe lewe ons te midde van alles ’n vol en doelgerigte lewe? Ek vertrou dat God se lig in jou diepste donkerte sal inskyn terwyl jy hierdie artikel lees en dat daar sodoende ook ’n saad van hoop in jou hart geplant sal word.

Geloof in God
“Laat ons daarom die elementêre leer oor Christus verlaat en tot volwassenheid gaan, sonder om weer die fondament te lê van bekering van dade wat tot die dood lei, en van geloof in God” (Parafrasering van Heb 6:1).

Wat is Bybelse geloof?
Daar is tans baie definisies van geloof, veral op sosiale media, maar wat is eenvoudige Bybelse geloof? Hebreërs 6:1 lê hierdie primêre fondasie vas. Die skrywer van Hebreërs begin deur ons aan te moedig om te groei tot volwassenheid in God. Bybelse geloof is “geloof in God” met niks bygevoeg of deur ons geherdefinieer nie. ’n Korrekte begrip van wie God is en wat dit beteken om in Hom te glo, is die primêre fondament vir Bybelse geloof.

Ware geloof in God is totale oorgawe aan Hom met geen vooropgestelde gedagtes of persoonlike voorkeure wat God in ’n spesifieke rigting probeer dwing nie. Geloof in God is anders as geloof in die dinge wat God kan doen. Geloof in God se soewereiniteit en ’n totale vertroue dat Sy wil en Sy karakter ten alle tye die beste vir ons is, definieer “geloof in God”. Die opregte vertroue dat God heilig is en dat Sy motiewe volmaak en liefdevol is, is fundamenteel. Dit stel ons in staat om opreg te aanvaar dat wat God ook al besluit, die beste vir ons is, al is dit teenstrydig met wat ons wou hê of selfs verwag het.

Verkeerde benaderings oor geloof
Vooropgestelde idees oor geloof en ’n spesifieke persoonlike verwagting kan strydig wees met ware Bybelse geloof. Sulke voorwaardes plaas die mens in beheer van sake en kan lei tot geestelike hoogmoed, manipulasie en misleiding. Dit kommunikeer dat God óns dien en ons wil word bo Sý wil geplaas. Die gevaar is dat baie mense God benader asof Hy ons moet dien – hulle vergeet dat Hy God is en dat ons gered word om Hom in alles onvoorwaardelik te dien en te eer.

God weet wat ons nodig het
Dit beteken nie dat ons Hom nie volgens die Woord vir sekere dinge kan vertrou nie, maar wel dat ons God in alles bo ons begeertes en wil sal plaas. Sy wil moet primêr in ons lewens heers en ons moet leer om die uitkoms in Sy hande te laat. Ons hoef nie vir God te leer om ons lief te hê of om na ons behoeftes en begeertes om te sien nie. Hy is ’n liefdevolle Vader wat dit in elk geval doen. Kyk na die natuur en die voëls daar buite. Gaan lees en mediteer weer oor Matteus 6:25-34.

Ware geloof is nie blind nie
“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” – Hebreërs 11:1. Ware geloof is nie blind nie – inteendeel, ware geloof open ons geestesoë en hart sodat ons kan lewe vir iets baie groter as onsself. Dit verander ons begeertes en gebede en plaas ’n ewigheidsperspektief op alles wat ons vra en verwag.

Geloof plaas God sentraal
Hoe gereeld vra jy vir God wat jy vir Hom kan doen en nie net wat Hy vir jou kan doen nie? Ware geloof plaas God en Sy wil sentraal in ons lewens en laat ons volgens Sy wil, en in vertroue op Hom, bid. Sodoende verander dit die dinge waarvoor ons hoop en kom dit in lyn met wat God begeer. Hierdie gesindheid posisioneer ons sodat ons al hoe meer beantwoorde gebede kan verwag en sien.

Die voorbeeld van Jesus
Jesus het alles gekry wat Hy gevra het, hoekom? Jesus se gebede is almal beantwoord. Die fokus van ons gebede moenie net op
versoeke wees nie, maar eerder dat dÍt wat ons vra, God so sal behaag dat Hy dit wil beantwoord. Die sleutel tot Jesus se sukses was dat Hy volgens hierdie beginsels gelewe het: “Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is
regverdig, omdat dit nie my wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.” – Johannes 5:30

”Jesus het vir hulle gesê: ‘Wat Ek die mense leer, kom nie van Myself af nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat. Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig, en daar is niks oneerliks in Hom nie.” – Johannes 7:16-18

Geloof behels nederige toewyding aan God se wil
As Jesus hierdie gesindheid en nederigheid gedemonstreer het, hoeveel te meer moet dit nie ons begeerte en gesindheid wees nie? Geloof is nie aan ons gegee sodat ons eie wil kan seëvier nie. Geloof is ’n verhouding met die allerhoogste God vir wie ons lief is en dien, om Sy wil vir ons en die wêreld om ons te sien gebeur.

Praktiese aksie
Probeer om vir die volgende week niks van God te vra nie. Sê net elke keer wanneer jy in gebed met Hom praat, dankie vir wie Hy is en wat Hy alreeds doen. Begin terselfdertyd ook om Bybelgedeeltes te lees wat handel oor wie God is en nie wat Hy doen nie. Mag hierdie oomblik jou lewe na ’n nuwe diepte met God neem. Ons sal in die volgende artikel verduidelik waar geloof vandaan kom en hoe ons in daardie geloof wandel wat die wêreld om ons kan verander.

PHIlLIP PRETORIUS is deel van Every Nation Tshwane se leierskapspan. Kontak hom by pa@enpta.co.za of everynationtshwane.org


18 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org