Deur: Berni Dymet

As ons die afgelope paar maande iets geleer het, is dit dat ons toekomsplanne uiters broos is. Ons het almal na die een of ander iets uitgesien en toe eensklaps, is COVID-19 met ons. Suid-Afrika is harder getref as baie ander lande met siekte, dood, bankrotskappe, afleggings en finansiële nagevolge wat vir jare nog ’n uitwerking sal hê … en selfs as jy deur die Here se genade van die ergste gespaar is, is dit so maklik om toe te laat dat jou vertroue geskud word.

Dus, hoe gaan dit met jou? Hoe sterk is jou vertroue in jou verhouding met Jesus op hierdie oomblik?

Gedagtes van selfdood

Laat ek iets baie persoonlik met jou deel. Ek bid dat dit jou met hoop sal vervul terwyl jy saam met Jesus hierdie onsekere tye tegemoetgaan. My reis saam met die Here het in Februarie 1995 begin toe ek op die agtste verdieping hotelbalkon gestaan het en selfdood oorweeg het. My huwelik was op die rotse. Die vrou met wie ek toe getroud was, het my vir my beste vriend gelos . . . ek was absoluut oortuig daarvan dat my lewe verby was. Maar ek het die vorige aand iets oor hoop in die Gideonsbybel in my hotelkamer gelees. (Mag die Here die Gideons seën!)

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” – Romeine 15:13.

Dit het my lewe gered. Al wat ek moes bid, was: “Here, as U regtig daar is, sal nou ’n goeie tyd wees om in te gryp.” Dit is al wat ek oorgehad het en dit al wat dit geverg het.

’n Lewe wat heeltemal verander het

As jy toe vir my sou sê dat ek vandag, in hierdie donker tye, oor die vaste hoop gaan getuig wat ’n mens in Jesus Christus het, sou ek vir jou gesê het dat jy iets baie sterk rook en liefs moet ophou!

Wêreldse hoop verskil baie van Bybelse hoop

God gebruik nie die woord “hoop” in dieselfde konteks as ons nie. Ons sê: “Ek hoop dit reën nie môre nie,” maar dit het geen invloed op môre se weer nie. Hoop is volgens ons gebruik van die woord dus iets baie onseker.

Maar wanneer jy die woord “hoop” in jou Bybel teëkom, beteken dit letterlik “’n vaste hoop”. ’n Rotsvaste, onfeilbare, vaste wete . . . hoop. Lees weer Romeine 15:13. Waar kom die hoop vandaan? Van die God van hoop af wat ten doel het om jou met alle vreugde en vrede te vul sodat jy deur die krag van die Heilige Gees vol hoop kan wees. Kan iemand “halleluja” sê?!

Moeilike tye kan ons baie nader aan God bring

As die tye moeilik is, gee God jou juis die grootste geleentheid wat jy ooit in jou lewe sal kry. Dit is die geleentheid om nader aan Hom te kom. Dit is die geleentheid om Sy getrouheid eerstehands te ervaar. Dit is die geleentheid om op te vaar met vleuels soos die van ’n arend terwyl jy op Hom wag (Jes 40:31).

Jesus is altyd daar vir jou

Al het ek jare gelede op my tande gebyt en met trane wat oor my wange stroom, my weg deur die pynlike donkerte van egskeidings gebaan het, was daar nietemin ’n lig in my hart. Dit was die lig van “die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus” (2 Kor 4:6).

As jy dit nou deur so iets gaan, wil ek vandag met my hele hart vir jou sê: Gryp hierdie geleentheid met al twee hande aan en moenie laat los nie. Kom nader aan Jesus, bid in stilte, sonder om gejaagd te wees. Maak Sy Woord oop en laat Hy met jou praat. Hy sal jou met hoop vervul, Hy sal jou deurdra sodat jy volkome kan word wie Hy jou geskape om te wees!

Die hart van die Christendom

Dit is daardie diepe oortuiging wat die kern vorm van die Christianityworks – die bediening waarby ek die afgelope sestien jaar lank betrokke is. Ons vervaardig radio- en televisieprogramme wat op meer as 1 300 radio- en televisiestasies oor die hele wêreld verskyn – ook hier in Suid Afrika (in Engels, Afrikaans, Zoeloe).

Elke week wanneer ek agter die mikrofoon inskuif of voor die kamera gaan sit, kry ek die kans om letterlik miljoene mense van die hoop te vertel wat hulle in Jesus Christus het. On-ge-loof-lik! Dít van ’n gebroke man wat sy eie lewe wou neem. Maar dit is die hoop wat ons in Jesus Christus het. Dit is die hoop wat jy in Jesus Christus het. Hy kan beheer van jou lewe neem en jou met Sy vreugde en vrede vervul sodat jou (vaste) hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees. Ha-le-lujaaaa!

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


7 September 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)