Deur: evangelis Reinhard Bonnke

DIE PRYS WAT JESUS ​​BETAAL HET
Mense is ewig waardevol omdat Christus vir hulle in liefde, pyn en bloed betaal het. Hy wil hulle hê, selfs teen die prys van die lyding aan die Kruis. Die titelaktes van Sy aankope is in Sy hande – Sy wonde. As ons bewus is van die uiterstes waartoe Hy gegaan het om dié wat verlore is, te red, sou ons dan enigiets anders begeer as wat Hy begeer? “Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het … sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom …” – 2 Korintiërs 5:14-15. Terloops, aan wie is die kosbare Bloed van Jesus – die prys vir ons verlossing – betaal? Aan die duiwel? O nee, nooit nie! Dit is aan die hof van God se geregtigheid betaal. Ons is met God versoen. “As Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan.” – Eksodus 12:13 (OV)

INSIGTE UIT DIE EVANGELIE
Die wêreld het niks teen godsdiens nie. Dit hou van godsdiens – maar dit hou nie van die Evangelie nie. As God na die godsdienstige hoekie in die geestelike ghetto verdryf kan word, is alles goed. Maar, God is nie godsdiens nie! Die Evangelie is nie ’n oop forum nie; dit is ’n openlike konfrontasie met die wêreld se goddeloosheid. Die Bybel is ’n uitdaging vir die wêreldstelsel. Die wêreldstelsel is nie op waarheid gegrond nie, maar op eiebelang. Die bepalende faktore is nie geregtigheid nie, maar hou verband met wat hulle as “besigheid” bestempel. Hulle gee nie om as jy op ’n Sondag aan ’n paar godsdiensrituele deelneem nie, maar die Evangelie is iets heeltemal anders. Dit vereis berou, bekering en vertroue in Jesus. Hy is die enigste Verlosser en die Evangelie is die krag van God.

FLIKKERENDE KERSE
Die kersvlam van die mens se genialiteit flikker vlugtig voordat dit deur die winde van die tyd geblus word, maar die lamp van God flikker nooit nie. Jeremia het gesê: “Ek weet, Here, die mens kan nie self sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie” – Jeremia 10:23. Sonder goddelike voorskrifte stort die struktuur van ons lewens in chaos ineen. Dit is presies die toestand van dié wat die Here nie ken nie. Vir dié wat nie wedergebore is nie, verval die lewe in betekenislose wanorde. “God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig” – Psalm 18:33. Wandel daarin.

DIE GRENS VAN DIE EWIGHEID
Die grens van die ewigheid lê nooit voor ons nie. Dit loop parallel met die lewe en kan deur enige iemand oorgesteek word – oud of jonk.

IN VRYVAL SONDER OM DIE TREKKOORD TE TREK
Twee valduikers spring op 15 000 voet uit ’n vliegtuig. Al twee het valskerms aan. Een van hulle vou sy arms, ignoreer die trekkoord en sê vir homself: “Ek is heeltemal veilig danksy my valskerm.” Hy sê steeds hierdie woorde wanneer hy die grond teen bykans 160 kilometer per uur tref. Die ander valduiker weet dat hy slegs veilig sal wees as hy iets doen. Hy trek die trekkoord betyds en land veilig. Dalk dra ons kennis van die Christelike geloof. Ons respekteer Jesus en stem saam dat wat Hy aan die Kruis gedoen het, die antwoord op ons diepste behoeftes is. Maar totdat ons Hom vir hulp vra en ons lewens aan Hom toewy, is dit soos om met ’n toe valskerm vry te val. Ons moet dringend iets doen. Ons moet die koord trek terwyl daar nog tyd is. Die trekkoord is dit: “ … want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” – Romeine 10:13. Daar is niks anders wat ons te doen staan nie. Ons kan onsself nie red nie – ons kan net ons vertroue stel in wat Jesus aan die Kruis vir ons vermag het. Hy het alles gedoen wat ons benodig. Kom ons reageer daarop, anders is ons in vryval sonder om die trekkoord te trek.

GOD KAN NIE? HOE WEET JY?
’n Dokter het eenkeer vir my gesê dat God ’n sekere oogsiekte nie kan genees nie. Ek het geantwoord: “Voordat ek weet wat jy kan, of nie kan doen nie, moet ek alles van jou af weet. Jou geleerdheid, jou karakter, jou gesin, jou persoonlikheid, ensovoorts. Vertel my dus asseblief hoe goed ken jy vir God?” Sou God ’n tafel kan dek in die woestyn? (Ps 78:19) Beslis, ja! Hy is die skepper van alles, insluitend ons. Hy is almagtig, alwetend en nog baie meer. Van Alfa tot Omega, wat God se alfabet is, bevat die Naam van Jesus al die letters. Paulus sê: “… want ek weet in wie ek geglo het …” – 2 Timoteus 1:12. En ons, God se kinders, weet ook. Ons weet dat ons weet. Weet jy? Geloof in Hom gee ons toegang tot die troon van God en Sy genesende brood. Jy het toegang!

ONS IS ALMAL SPESIAAL VIR JESUS
Jesus het gesê dat Hy altyd die dinge doen wat die Vader behaag (Joh 8:29). Wat het Hy die Vader sien doen? Hy het gesien hoe Hy Hom oor die ellendige stamme in Egipte ontferm, hulle optel en ’n groot nasie maak. Jesus het dieselfde gedoen. Hy het vissers gekies, nie vorste nie, om Sy ambassadeurs te wees. Die evangelies wys telkens hoe Hy die uitgeworpenes ontmoet en hulle ’n plek gee. Sy uitreiking na die verstotelinge is ’n aangrypende deel van die Evangelieverhaal. Jesus bemoei Hom met dié wat “verlore” en “laaste” is. Hy vind dié wat verlore is en vir dié wat laaste is, sê Hy: “So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste” – Matteus 20:16. In Christus is almal “iemand”, selfs die skuldige rower aan die kruis. Christus het mense nooit as “die massas” hanteer nie. Vir Hom is ons almal individue, elkeen spesiaal en geliefd.


Stap die pad saam met ons – Afrika sal gered word!
Meld aan vir ons weeklikse e-posnuusbrief om die wonderlike berigte oor ons veldtogte te lees. Ontvang ook Bybelstudies en getuienisse wat jou geloof sal opbou.
Kontak info@cfan.org.za om aan te meld.


29 Augustus 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org