Deur: Conrad Steyls

Van kleins af was ek verlore in sonde. As kinders is ons verplig om kerk by te woon. Hoewel ek nie veel daarvan gehou het nie, het ek nooit getwyfel dat daar meer as die leë, dooie godsdiens moet wees nie. Ondanks my gewildheid op skool, het ek geen identiteit gehad nie en agter maskers weggekruip. My voorkoms het my grootste struikelblok geword. Ek het gesukkel met seksuele sonde, pornografie, wellus, alkohol en dwelms.

Voorbok onder die sondaars
As 17-jarige het ek gesien hoe die Here ’n vriend van my in ’n nuwe mens verander (2 Kor 5:17). Hy hoef nie ’n woord te gesê het nie, sy gelaat het gestraal van Lewe. Voorheen was hy, net soos ek, die voorbok onder die sondaars. Hy het oor Jesus getuig en ek het geweet dit is die enigste weg, maar ek het die “koste bereken” en was nie bereid om my “ongelooflike” lewe op te offer nie.

Soos Jona en die verlore seun In 2006 het ek George verlaat om in Potchefstroom te gaan studeer. Tydens die eerstejaarskamp het ek vir Rudolph ontmoet, wat ook van Jesus teenoor my getuig het. Ook Eduard, my ouer broer, het in Londen tot bekering gekom en hy het my aanhoudend by die koshuis gebel om met my oor Jesus te praat. Ek het hom vermy. Soos Jona en die verlore seun het ek so ver as wat ek kon van die Here se stem af weggehardloop.

Die een besering na die ander
’n Aantal opeenvolgende beserings en ongelukke het binne minder as tien maande gevolg. Eerstens ’n skouer- en skeen-besering wat my droom om vir die universiteit rugby te speel, verwoes het. Kort ná die rehabilitasie het ’n voertuig oor my linker-enkel gery terwyl ek op ’n straathoek besig was met liefdadigheidswerk. Dit het twee operasies tot gevolg gehad. Toe ek nog op krukke was tydens die rehabilitasie van my enkel, was ek haastig by die trappe af en het ek neergeslaan en my regterbeen beseer. Ek moes twee weke lank in ’n rolstoel oor die weg kom!


Conrad het as student die kop-aan-kop-botsing in 2006 oorleef, maar het ernstige beserings aan sy gesig opgedoen

Min kans op oorlewing
Later in die jaar was ons op pad na ’n nagklub in ’n tromp-opbotsing met ’n ander voertuig betrokke. Daardie aand het ek nie net ’n bynadoodervaring gehad en ernstige gesig- en skouerbeserings opgedoen nie; ek het ook my goeie vriend verloor. Weens die omvang van my beserings het die dokters nie gedink ek sou dit oorleef nie. Hulle het my ouers voorberei op groot breinskade en dat ek blind sou wees in my regteroog. Deur die genade van God was dit nie die geval nie.

Die geestelike ryk word ’n werklikheid
Ek was vier weke lank in ’n geïnduseerde koma waartydens ek hallusinasies en geestelike aanvalle op my lewe gehad het. Tot op hierdie punt was ek heeltemal onbewus van die geestelike ryk, maar as ’n verlore seun het ek uiteindelik desperaat na Jesus uitgeroep gedurende hierdie tyd van pyniging en angs. Hy was elke keer getrou en dit het vir my bewys dat Hy waarlik leef.

My gesig was verpletter
Toe ek uit die koma wakker word, moes ek my grootste vrees trotseer: My gesig was verpletter. Ek was onherkenbaar. Sedertdien het ek 25 rekonstruktiewe gesigoperasies gehad wat kakebeen-, wang-, ken-, oogholte-, oor- en sinusrekonstruksieoperasies ingesluit het – asook operasies vir skeelheid en veloorplantings.


Lize aan Conrad se sy ná die ongeluk en eerste van 28 operasies. Die veloorplanting op sy skouer is duidelik te sien. Hy het 25 titaanplaatjies as implantate in sy gesig

Ek was ’n nuwe mens!
Ek is terug universiteit toe sonder ’n selfbeeld of ’n identiteit en was kwaad vir die Here. Opstandig het ek Sy soewereine wil bevraagteken. Hoe kon ’n goeie God hierdie pyn en lyding toelaat? Hoe verder ek van Jesus af weggehardloop het, hoe nader het die Heilige Gees my aan Hom getrek. In Maart 2008 is ek na ’n Christen-kamp genooi. Daar het ek een aand voor die Koning van die konings neergeval en my van my sonde bekeer. Die volgende oggend is ek in ’n dam gedoop en met die Heilige Gees vervul. Ek is ’n nuwe mens! Die slawerny van sonde is verbreek en ek kan God nou met vrymoedigheid nader.


Conrad en Lize met hulle drie kinders – agter, Mia (7); links voor, Zoë (4), regs voor, Joshua (9)

Geen kompromie nie
Gedurende die volgende paar jaar was ek so afhanklik van die Here soos ’n baba van moedersmelk. Die Here het my voetstappe gelei; dit het radikale gehoorsaamheid vereis. Ek moes uitdagings en reuse trotseer wat ek al voorheen teëgekom het, maar hierdie keer het ek nie probeer om dit deur my eie krag te beveg nie, maar deur Sy Gees. Die Here het my identiteit herstel, nieteenstaande my gebroke liggaam. Ek moes die vervolging deur goeie vriende en familie verduur omdat ek nie meer met sonde kompromie wou aangaan nie. Ek het amper die liefde van my lewe ook verloor, aangesien ons ons verhouding op die Woord van God moes herbou. Ek loof die Here dat Hy Lize ’n jaar later deur Sy genade tydens ons tyd apart gered het.

Ons is nou elf jaar getroud, met drie gesonde kinders. Ons verhouding is gebou op die Rots, Jesus. Dit is slegs deur die krag van Sy Heilige Gees dat ek daagliks hierdie wedloop kan hardloop wat voor my lê.


31 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org