Deur: dr. Pearl Kupe

Die Gees van die Here het my drie keer oor die afgelope twee weke beveel om teen die gees van selfdood en depressie te bid. Ek het hierdie gees sien opstaan as ’n owerheid en hoe hy sy vieslike stank oor die nasies vrylaat. Dit is veral op die jeug gerig. Die Gees van die Here het my gelei om hierdie gebede met julle te deel sodat hierdie onrein, demoniese gees bestraf kan word. Voel asseblief vry om dit wyd en syd te deel soos die Here jou lei; deel dit veral met dié wat met depressie en selfdoodgedagtes worstel.

VERKLARING 1
Vader God, U Woord sê in Psalm 34:19 U is naby dié wat gebroke van hart is en dat U dié red wat verslae is van gees. Ek bid vir U vertroosting in hierdie tyd. Help my om U teenwoordigheid en liefde te ervaar en genees my gebroke en verslae hart en gees.

VERKLARING 2
U Woord sê in Jesaja 41:10: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.” Ek vertrou U, my Vader, om my te versterk en te help in my swak en kwesbare oomblikke en om my met U eie hand te red.

VERKLARING 3
Ek bestraf elke donker gedagte wat in my kop probeer nesmaak. Ek weier om die gees van die dood te verwelkom en ek verwerp elke gevoel van hopeloosheid wat my probeer oorweldig. Soos U Woord in Filippense 4:8 sê, rig ek my gedagtes op dinge wat waar en edel, en reg en rein is. Ek hou my gedagtes gefokus op dít wat mooi is en daardie dinge wat prysenswaardig is; daardie dinge wat deug het en lofwaardig is.

VERKLARING 4
Ek neem gesag oor die gees van voortydige dood en verklaar dat ek sal lewe en nie sal sterwe nie. Ek sal woon in die land van die lewendes en lewe om die goedheid en barmhartigheid van die Here te verkondig.

VERKLARING 5
Ek eggo die woorde van die psalmdigter in Psalm 30:11-13 en roep uit: “Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here! Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek. Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!”

VERKLARING 6
Ek vertrou U, Abba, en ek werp my sorge op U, met vertroue dat U my sal dra en my nie sal laat wankel nie. U planne vir my is planne om my voorspoedig te maak en nie om my kwaad aan te doen nie. Dit is die planne soos in Jeremia 29:11 uiteengesit, om my ’n hoopvolle toekoms te gee. Ek maak daardie planne my eie, in die Naam van Jesus.

VERKLARING 7
Christus, U is my hoop op die heerlikheid (Kol1:27). My hoop is in U, my vertroue is in U. Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar wat my betref, ek kies om op U te vertrou en op U vermoë om my te red en te verlos. Deur U lewe ek, beweeg ek en bestaan ek. U is in staat om oneindig meer te doen as wat ek bid of dink.

VERKLARING 8
Die vyand kom om te steel, te slag en te verwoes. Ek verklaar dat hy geen houvas op my lewe het nie en nie daarin sal slaag om my te steel, te verwoes of dood te maak nie. Ek gryp Jesus Christus aan wat gekom het sodat ek die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek omhels die lewe en hoop en verwelkom dit in oorvloed. Ek sal lewe om my verlossings- en lewensdoel te vervul en om U te aanbid, o Here. My Vader sal die verlossende gawes in my gebruik om ’n seën vir baie te wees. Nie my lewe of my doel sal kortgeknip word nie. Ek het dit gebid en sal voortgaan om dit te bid in die magtige Naam van Jesus Christus, my Here en Verlosser! AMEN.


30 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org