Deur: Pastoor Ron Kinnear

Ons fokus weer op hoe om die ongekerkte jeug met die Evangelie te bereik. Pastoor Pieter “Thabo” van Wyk van Afrika Sending skryf die volgende: “Die Groot Opdrag in Matteus 28:19 bly sekerlik die Kerk en elke gelowige se mandaat om na al die nasies toe te gaan en die Goeie Nuus te verkondig.

Hoewel daar groot vordering gemaak word op die gebied van evangelisasie, is daar steeds groepe wat moeilik bereik kan word en waar deurbrake nodig is. Een so ’n groep is die jeug. Daar is verskeie redes waarom dit die afgelope paar jaar al hoe moeiliker geword het om jongmense met die Evangelie te bereik. Van hierdie uitdagings sluit in dat toegang tot skole streng beheer word as gevolg van die COVID-19-protokolle asook die algemene neiging om kerkdienste minder by te woon.

Die resultaat is die kerkloosheid van kinders en die jeug. Daar is inderdaad ’n stryd in die geesteswêreld en die vyand het die siele van ons jongmense in sy visier. Dit is waarom die Kerk van Christus in die breë, en sendingorganisasies in die besonder, nuut oor die Groot Opdrag moet dink. Baie van ons pogings oor die afgelope paar jaar was nie getrou aan Jesus se woorde om te gáán nie, maar eerder gegrond op die konsep van “Kom, sondaar, kom”. As ons egter ons bestaansreg wil behou en ’n verskil in jongmense se lewens wil maak, sal ons Jesus se opdrag presies moet uitvoer en gáán na waar jongmense hulle bevind.

So kan ons hulle met die Goeie Nuus bereik – op hulle vlak en in ’n taal wat hulle verstaan. AFRICA MISSIONS YOUTH EXPERIENCE is een van die nuwe projekte van Afrika Sending wat poog om juis dit te doen. Ons visie is “om ’n lewensveranderende ervaring te verskaf wat jongmense inspireer, uitdaag en toerus om die draers van hoop en redding na die res van Afrika te wees!” Ons doel is om jong leiers te bemagtig om hulle eie generasie vir die Koninkryk van God te wen.

RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling en stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za


4 Augustus 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)