Deur: Lourieke Haller

Ek is seker jy het al foto’s gesien waar mense uitwys hoe hemelsbreed die “opgeknapte” fotoweergawe van die sogenaamde Instagram-beïnvloeders verskil van hoe hulle werklik lyk? Soms is dit nie net plooie en ekstra rolletjies wat verdwyn nie, maar sommer 20 tot 30 lewensjare wat weggeredigeer word! Met behulp van foonfilters en ander programme word die oorspronklike foto’s “verbeter” sodat die volmaakte, maar vals beelde op sosiale media gedeel kan word.

Valse beeld op sosiale media
Ongelukkig bly dit nie net by die beïnvloeders nie. So baie mense, jonk en oud, hou hierdie valse beeld op hulle sosialemedia-platforms voor. Ek het al gewonder of hulle nie skaam voel wanneer iemand hulle in lewende lywe ontmoet en hulle glad nie soos die vals beeld lyk nie.

Skandalig om oud te word?
Dit is blykbaar skandalig om met waardigheid oud te word. Plooie is onaanvaarbaar en word met botox-inspuitings, face lifts en allerhande duur prosesse bestry om verbete aan jeugdigheid vas te klou. (Selfs jong meisies doen dit ook “voorkomend!) Mense dink hulle lyk jonger, maar hulle lyk soos iemand anders, nie hulleself nie.

Hoekom doen mense dit?
Hoekom gebruik mense filters? Die persoon wat jy dan ontmoet, lyk glad nie soos die gepoleerde een op Facebook of Instagram nie. Dit behels sekerlik ’n element van valsheid of bedrog, of is ek nou te hard? En niemand hou van valsheid nie – selfs in ons airbrush-kultuur verfoei mense onopregtheid. Wanneer die beeld wat ons voorhou, nie ooreenstem met die wie ons in lewende lywe is nie, het ons reeds ons geloofwaardigheid ingeboet. In hierdie post-Christelike kultuur met al die verwarring oor wat dit beteken om eg/opreg te wees, is een van die bedreigings vir die kerk se getuienis dat dit toenemend soos die wêreld begin lyk en doen. Ons moet juis dié wees wat ’n voorbeeld stel van mense wat gevestig is in hulle identiteit as geliefde kinders van God; mense wat nie gelykvormig word aan die wêreld nie, maar onsself aanvaar soos ons lyk en ander aanvaar en liefhet soos húlle lyk.

Selfbewustheid – aan die wortel van die kwaad
Die foonfilter verbloem en versag die dingetjies waaroor die persoon so selfbewus voel. Maar “sélfbewus” is eintlik aan die wortel van die kwaad. Die fokus is op self – tot in so ’n mate dat mense bereid is om ’n valse beeld, ’n leuen van hulleself te skep en aan ander voor te hou. Tog is ons as Christene geroep om in die waarheid te lewe: “Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.” – 3 Johannes 4

Gelykvormig aan Sy beeld
Om in die waarheid te lewe beteken dat ons vry van valsheid of bedrog moet wees; dat ons opreg sal wees. Die Christen se lewe moet gekenmerk word deur integriteit en eerlikheid op alle terreine van ons lewe. Die beeld waaraan ons onsself behoort te meet is eerstens ook nie die uiterlike beeld wat die samelewing vir ons voorhou nie – dit is bloot ’n illusie wat met filters geskep word.

Die enigste beeld waaraan ons gelyk moet word, is dié van Christus. “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun …” – Romeine 8:29.


16 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org