Deur: Diedre O’ Connor

In 2018 het my lewe dramaties verander. Ek was reeds byna drie jaar lank getroud, het my broer se seun aangeneem, regte studeer en baie sukses in my loopbaan by MTN behaal, toe ek met fase 4-limfoomkanker gediagnoseer is. My wêreld het uitmekaargeval – elke aspek van my lewe het drasties verander.

My man moes noodgedwonge voltyds na my omsien. Omdat ek niks van hierdie siekte geweet het nie, was ek heeltemal in die duister (om nie te praat van die groot vrees vir die dood nie). My droom was om as ’n advokaat, en later hopelik as ’n landdros, vir dié te veg wat nie vir hulself kon opkom nie. Min het ek geweet dat die grootste stryd bo alles vir my voorlê – die stryd om my lewe.

Elke moontlike oplossing
Ek en my man, wat gesukkel het om te sorg dat daar kos op die tafel is, het ’n plaagbestrydingsonderneming, Connor Pest Control Service, begin. Ons het die onderneming in 2019, reg in die middel van my chemoterapiebehandeling, geregistreer en dit het sake verbeter. Ek was egter baie swak. Ons het gehoor van ’n olie wat baie kankerpasiënte gehelp het en besluit om dit te probeer. Ná die eerste dosis het my liggaam baie sleg daarop gereageer – ek is hospitaal toe gejaag en het amper gesterf. Die produk het my bloedtelling geweldig laag laat daal.

God het my genees!
Ek het my chemoterapie onder geweldige stres voltooi, maar het deurgaans op God vertrou, al het dinge ook hoe erg gegaan. Aan die einde van die proses is ek meegedeel dat al die gewasse verdwyn het; die grootste een was tussen my hart en longe. Ek het gejubel omdat ek God belowe het as Hy my genees, sal ek vir almal vertel wat Hy vir my gedoen het. Dit was nadat my hematoloog my meegedeel het dat twee pasiënte – twee vroue met presies dieselfde soort kanker as ek – oorlede is.

Oxygen-produkte – ’n seën
Teen die einde van 2019, met COVID-19 in aantog as ’n groot bedreiging vir ons land – was ek in remissie en het beradingsessies by Tygerberg-hospitaal bygewoon. Met COVID wat in 2020 sy kop begin uitsteek het, was ek baie beangs. Volgens die professore in die hospitaal was dit onveilig vir my om tablette te gaan haal of met die sessies voort te gaan, aangesien COVID-19 my dood kon veroorsaak.

Terwyl die chemoterapie in 2020 nog aktief in my liggaam was, is my seun aan COVID-19 blootgestel toe sy beste vriend positief getoets het. Ons was in skok en het geweet dat die moontlikheid groot was dat hy ook besmet kon wees. Terselfdertyd was daar van my familielede in Kraaifontein ook baie siek met die virus. Hulle buurman het hulle van Oxygen Products se wonderlike tablette vertel. My familielede het die maatskappy gekontak en onmiddellik hulp ontvang. Dit was verstommend. Hulle het regtig dramaties verbeter nadat hulle hierdie produkte gebruik het. Ek het self met Oxygen Products in verbinding getree, my geval aan hulle verduidelik en hulle het ook ons gesin met medikasie geborg. Nie een van ons het siek geword nie. Ons het ons deel gedoen en die tablette gedrink en die onmoontlike aan God oorgelaat.

’n Lewensreddende tablet
Ons besigheid het daarna uitgebrei na ’n ander sektor wat die ontsmetting van skole en ander instellings ingesluit het. Dit was uitdagend, want ons moes gesond bly, maar ons is gedurig direk aan die virus blootgestel. Ek het Oxygen-produkte by baie mense aanbeveel en dit verpligtend gemaak vir my personeel om hierdie produk deurlopend te gebruik. Ons is almal vandag springlewendig en gesond.

Die chemoterapie wat ek ontvang het, was ’n baie sterk tipe wat my liggaam erg afgetakel het, maar omdat ek die Oxygen-tablette geneem het, het dit my so opgebou dat ek in staat was om die besigheid te behartig en na myself om te sien. Ek het dit my missie in die lewe gemaak om almal te vertel wat ek op hierdie reis ervaar het, asook van hierdie wonderlike tablette van Oxygen Products, wat ’n groot rol daarin gespeel het.


Oxygen-produkte is ’n unieke, wetenskaplik bewese, natuurlike terapie wat ’n omgewing in die liggaam skep waar siekte nie kan gedy nie. Dekades se navorsing het die fundamentele waarheid beklemtoon dat die primêre oorsaak van alle siektes op die een of ander manier gekoppel is aan ’n suurstoftekort. Wanneer die menslike liggaam egter genoeg suurstof ontvang, word kankerselle, skadelike bakterieë, gifstowwe, virusse, patogene en siektekieme vernietig omdat hulle nie kan oorleef in ’n omgewing waar die suurstofvlakke hoog is nie. Behandeling met hierdie terapie genees nie siektes nie, maar stel die liggaam in staat om homself te genees.

MIV, kanker, tuberkulose, diabetes en ernstige hartkwale is onder meer van die verwoestende gevreesde siektes waaraan miljoene mense wêreldwyd sterf. Die meeste van hulle is onbewus daarvan dat, bo en behalwe kanker, ’n suurstoftekort die onderliggende oorsaak van die meeste siektes ook is. Sommige beweer dat virusse, mikrobes, kieme of skadelike bakterieë die oorsaak van hierdie siektes is. Ander sê dit is die gifstowwe in die kos wat ons eet, die lug wat ons inasem en die stowwe wat ons inneem. En nog ander sê dat dit ons gene of spanning is wat veroorsaak dat ons siektes opdoen. Tog VEROORSAAK hierdie faktore nie die siektes nie. Dit is die toestand van suurstoftekorte wat siektes veroorsaak.

‘Ek is regtig ekstaties’
Ek het opgemerk dat Oxygen-produkte my nie naar laat voel nie. Ek was nog altyd verskriklik sleg daarmee om vitamiene te drink, want ek eet nie ontbyt nie en as ek dit op ’n leë maag neem, voel ek naar. Of as ek onthou om hulle te neem, is dit te laat in die dag. Maar met Oxygen-produkte is daar geen newe-effekte nie. Dit pas my leefstyl perfek. Ek is in ekstase dat ek hierdie produkte ontdek het. – Dr. P. Ferriera

‘Chemoterapie is verskriklik’
Ek het al twee keer kanker gehad en die tweede keer met baie slegte newe-effekte. Ek was kort van asem, lusteloos, oorgewig, en het vir ’n enkele week Mega Oxygen, Heart Health en Water Life geneem. Ek kan ’n verskil voel en weet as ek voortgaan om dit te gebruik, my gesondheid nog meer sal verbeter. Chemoterapie is verskriklik en doen die aakligste dinge aan jou liggaam en brein. Ek het kognitiewe gestremdheid (chemo-brein) as gevolg van die kanker. Die uitwerking daarvan kan 10 tot 15 jaar lank in jou liggaam gevoel word. Deur eenvoudig die Oxygen-produkte te neem, het ek aanvanklik geskrik toe my urine soos die chemikalieë geruik het wat in die chemoterapie gebruik is. My balans het egter verbeter, ek kon vir langer tydperke konsentreer, ek is nie heeltemal so rusteloos nie, ek het meer energie, ek voel nie so moeg nie, ek raak makliker aan die slaap, ek word wakker met ’n helder brein en ek weet deur bloot aan te hou om hierdie produk te neem, sal my gesondheid verder verbeter. – Kliënt van Aeridge Health Shop

Mega Oxygen


Mega Oxygen™ is ’n natuurlike sistemiese suurstofdraende produk wat die immuniteit-stelsel versterk deur ’n chemiese proses wat die liggaam help om virus- en bakterie-infeksies te beveg. Navorsing het getoon dat magnesium van kardinale belang is in die ontwikkeling en instandhouding van bene, asook die behoorlike funksionering van die senuwees, spiere en ander liggaamsdele.

Heart Health


Heart Health™ is ’n kragtige natuurlike behandeling vir die hart, are, geheue en meer. Hierdie produk is ’n orale chelasie-produk, gemaak van kalsiumdinitraat EDTA, appelsuur, knoffel en pietersieliepoeier. Sodra dit in die bloedstroom is, sal kalsiumdinitraat EDTA sy kalsiumbinding vinnig verbreek en giftige metale soos lood of kwik verbind.

Super Vitamin


Super Vitamin is ’n multivitamien wat die immuniteitstelsel versterk en konsentrasievermoë verhoog. Hierdie produk is ideaal vir studente wat probeer om voor die finale eksamen ure lank te studeer. Die produk is heeltemal natuurlik en bevat moringa en suurstof.

Water Life


Water Life is ’n essensiële mineraal-en-elektrolietsamestelling wat daarop gemik is om “dooie water” weer lewe te gee. Ons liggame bestaan uit 80-90% water en sonder noodsaaklike minerale is vitamiene nutteloos. Die eienskappe van die water wat ons drink, is net so belangrik soos die voedsel wat ons inneem.

www.oxygenproducts.org | info@oxygenproducts.org | 021 557 0446


14 September 2021

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org