Deur Pastoor Ron Kinnear

In ’n dorp naby Phuket in Thailand is daar ’n teetuin. Die plaaslike jongmense geniet veral die tee en versnaperinge wat daar bedien word, asook die rustige atmosfeer wat daar heers. Hulle verstaan nie die liedjies wat in Engels gesing word nie.

Dit het wel ’n positiewe en heilsame uitwerking op hulle. Die rede waarom die sang en musiek mense aanlok, is dat die musiek aangebied word deur gelowiges in Christus en sendelinge van Suid Afrika – o.a. Trevor en Rochelle Naidoo. Hulle het agtergekom dat sang en musiek en veral aanbidding mense na die Here trek. Die besoekers word uitgenooi om op ’n Donderdagaand na nog musiek te kom luister. Dan verander die situasie radikaal.

Die byeenkoms vind in ’n kerkgebou plaas en die jong gelowiges prys en aanbid die Here. Hoewel die besoekers ’n Boeddhistiese agtergrond het, geniet hulle die aanbidding. Daar heers kalmte en vrede. Hulle ervaar ’n Teenwoordigheid van liefde en aanvaarding en dit lok hulle om meer te wil weet. Sodoende het baie van hulle se pad met dié van Christus gekruis en is hulle nou gelowiges. Ons moet die krag van ware aanbidding nie onderskat nie. Dit kan ook ons jeug na ons dienste en aktiwiteite lok wat weer na ’n ontmoeting met hulle Heiland kan lei.

Ek verwys hier na die tipe aanbidding waarvan Jesus in Johannes 4:23 praat: Die Vader soek die wat Hom in Gees en waarheid aanbid. Jongmense kan onderskei tussen tradisionele liturgiese aanbidding sonder salwing en ware aanbidding in die Gees. Dié soort aanbidding kan nie nagemaak word nie. As die Here dié soek wat so aanbid, kan ons aflei dat jongmense ook daarna sal soek.

PASTOOR RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling, stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za


21 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)