Deur: Rudi Briel

“’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ’n verslae gees laat die gebeente uitdroog” – Spreuke 17:22

Navorsingstudies bewys die uitwerking van emosies op die liggaam. Daar is ’n verband tussen emosio-nele ervarings en gesondheid, soos uitgewys in die bogenoemde Skrif. Navorsing aan die Harvard School of Public Health het onthul dat emosies soos woede, angs en smart voortydige dood met tot 30% kan verhoog omdat dit druk op die liggaam plaas. Navorsing in Finland het bevind dat spesifieke emosies ’n uitwerking op spesifieke liggaamsdele het. Vrees, frustrasie en ongelukkigheid veroorsaak byvoorbeeld verhoogde simptome in die bolyf: hoë bloeddruk, pyn in die borskas, hoofpyn, geheueverlies en hartsiektes. Dieselfde navorsing het egter bevind dat gelukkigheid die hele liggaam se gesondheid bevorder!

Jou liggaam reageer op hoe jy voel en dink. Daarom moet negatiewe emosies gekonfronteer word, want as dit geïgnoreer word, verskerp die emosies en lei dit tot siekte-toestande. Vind die oorsaak van die negatiewe emosies en vind ’n oplossing. Trauma soos die dood van ’n geliefde, egskeiding of ander lewenskrisisse benodig emosionele genesing. Ontvang die nodige terapie. Probeer voortaan om sover moontlik jou emosionele reaksies op lewensgebeure te kies. Sodoende kan emosionele ontwrigting ingeperk word. Werp ook voortdurend enige bekommernisse en vrese op die Here, terwyl jy strewe na ’n vredevolle en gelukkige ingesteldheid, wat jou liggaamlike gesondheid sal bevorder.

Neem verantwoordelikheid vir jou gesondheid deur jou emosionele wêreld te koester en in stand te hou. “‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees” – Spreuke 14:30. (“A calm and undisturbed mind and heart are the life and health of the body.” – Amplified Bible)

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by admin@agscenturion.co.za


25 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org