Die Woord sê dat ’n man sy ouers verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle sal “een word” (Genesis 2:24). Hierdie eenheid besit dus gesamentlik alles wat elkeen van die twee vennote tot die huwelik bydra. Dit is ’n seën as een of albei vennote gawes ontvang het om die nodige geld in te bring. Op ’n praktiese vlak – hoekom oorweeg julle dit nie om jul begroting weer neer te skryf nie? Julle kan elkeen byvoorbeeld instem om ’n persentasie van julle individuele inkomste in die huishoudelike rekening in te betaal vir die daaglikse uitgawes. Of julle kan al twee inkomstes kombineer en dan bedrae toewys aan die verskillende behoeftes (insluitend individuele behoef-tes). Julle sal dan al twee julle eie kontant hê en die argumente vermy oor wie wat moet betaal. Laat die Here julle op kreatiewe maniere lei (Psalm 32:8) om julle geldelike situasie te hanteer.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)