-deur Shaun Doyle

Daar is min twyfel dat die bekendste wetenskaplike van die 20ste eeu Albert Einstein (1879 – 1955) was. Vandag is sy naam sinoniem met die woord ‘genie’. Die meeste mense herken vandag sy wetenskaplike vergelyking E=MC2. (Alhoewel baie moeilik hierdie vergelyking sal kan verduidelik) Maar selfs Einstein het sy wetenskaplike helde gehad.

Albert Einstein (1879-1955) is onge-twyfeld die beroemdste wetenskap-like van die 20ste eeu. Vandag is sy naam sinoniem met ‘genie’. Die meeste mense sal sy bekendste vergelyking herken: E=mc², (hoewel dit vir baie van hulle maar moeilik sal wees om te verduidelik wat dit beteken!). Maar ook Einstein het sy wetenskapshelde gehad.

Wetenskaplikes van formaat
Wie is dit vir wie die grote Einstein sou bewonder het? Om hoog aangeslaan te word deur Einstein, moes hulle ongelooflike wetenskaplikes gewees het! En hulle was. Daar was afdrukke van Einstein se wetenskapshelde teen sy studeerkamermuur. Sy helde was Isaac Newton (1642-1727), Michael Faraday (1791-1867) en James Clerk Maxwell (1831-1879).
Al drie mans het Einstein se verering verdien. Newton se bewegingswet en sy gevolg-trekkings oor swaartekrag was die eerste idees wat teorieë oor die beweging van die sterre, planete en die aarde suksesvol bymekaargebring het. Faraday word beskou as die grootste proefnemer van alle tye. Sy werk het onder meer bewys dat magnetisme elek-trisiteit kon opwek en hy het ook benseen ontdek. Maxwell het die vier fundamentele elektromagnetiese vergelykings geformuleer en die ontsaglike hoë spoed van elektromagnetiese straling teoreties korrek voorspel. Die spoed van lig is gemeet as ongeveer 300 000 km per sekonde, wat bewys dat lig elektromagnetiese straling is. Sonder hierdie drie wetenskaplikes se ontdekkings sou ons sonder baie van die tegnologie wat ons vandag gebruik, oor die weg moes kom. Bykans alles wat bewegende dele, elektrisiteit en magnetisme behels, kan deels aan die
werk van hierdie drie wetenskaplikes toegeskryf word.

Onwrikbare geloof in die Bybel
Hierdie drie het egter ook nog iets anders in gemeen – hulle was al drie kreasioniste wat in die Bybel geglo het. Volgens vandag se standaarde sou al drie as ‘fundamentaliste’ beskou word.
Newton het meer oor teologie geskryf as wat hy ooit oor die wetenskap geskryf het. Hy het geglo dat die Bybel die Woord van God is. Faraday was ’n lid van ’n uiters konserwatiewe tak van die Church of Scotland, die Sandemanians. Die Sandemanians was bekend vir hulle eenvoudige interpretasie van die Bybel.
In ’n boek waarin onlangs van Faraday geskryf is, word hy soos volg beskryf: “ As ’n lid van ’n Christelike sekte, die Sandemanians, was Faraday diep godsdienstig en het die wetenskap – die ondersoek van die natuur – as ’n uitbreiding van sy innige geloof beskou.

Natuur se raaisels openbaar God
“Hoewel ons in die 21ste eeu oor die konflik tussen wetenskap en godsdiens debatteer, het Faraday glad nie so ’n skeiding gesien nie. ‘Die boek van die natuur, wat ons moet lees, is deur die vinger van God geskryf,’ het hy gesê. Vir Faraday het die ‘ontsyfering van die natuur se raaisels God openbaar’ .”

Maxwell se vurige geloof
Maxwell was goed belese, veral in die teologie. Hy het met baie van die beste teologiese eietydse denkers omgegaan, maar altyd as ’n egte evangeliese Christen. Om die waarheid te sê hy het ander gelowiges dikwels berispe omdat hulle teen wil en dank probeer het om alle geestelike waarheid aan die hand van die wetenskap van die tyd te verduidelik. Hy het verstaan dat dit nie ’n probleem vir God se onveranderlike Woord is nie, maar wel vir die mens se steeds wisselende insig van hoe dinge in die wêreld inmekaarsteek.
Maxwell se geloof in die Bybel het selfs die jong Karl Pearson (’n Darwinis en een van die stigters van wiskundige statistiek) geskok, wat deur Maxwell berispe is toe hy die Sondvloed bevraagteken het, en gevolglik die Bybel durf bevraagteken het!
“Die gesprek het ’n wending na Darwinistiese evolusie geneem; ek kan nie sê hoe dit ter sprake gekom het nie, maar ek het oneerbiedig na Noag se vloed verwys. Clerk Maxwell was onmiddellik siedend kwaad en het my ’n skrobbering gegee oor my gebrek aan geloof in die Bybel! Ek het toe nog nie geweet dat hy steeds die rigiede geloof van sy kinderjare aangehang het nie en dat hy, indien dit moontlik sou wees, onversetliker was as Gladstone (eerste minister van Engeland, bekend vir sy konserwatiewe evangeliese oortuigings oor die akkuraatheid van
Genesis).”

Ordelike en onveranderlike God
Ongelukkig het Einstein nie die geestelike oortuigings van sy helde gedeel nie. Soos baie mense toe en nou, het hy die vrymoedigheid gehad om sy rug op die Bybelse God te keer, onbewus van die feit dat hy al die belangrike werk wat hy verrig het eintlik net op geleende aannames voortgebou het. Newton, Faraday en Maxwell was nie verniet Bybelse kreasioniste nie. Hulle het geweet dat die enigste grondige rede vir die wonderlike reëlmatigheid wat in die natuurlike wêreld aangetref word, die ordelike en onveranderlikheid van die God van die Skrif self is en dat al die wetenskaplike aannames hulle grondslag vind in die weergawe waarvan God in Sy Skrif getuig. Hulle het begryp dat Sy Woord vaster staan as die fondasie van die heelal, insluitend die wette wat dit beheer. Hulle het gepoog om soos God te dink.

Wat leer Einstein se helde ons?
Ons kan baie van Einstein se helde leer. Die wêreld is georden omdat God dit orden. Die woord van God is onveranderlik en altyd geloofwaardig, anders as die mens se wetenskaplike teorieë. Goeie wetenskap sal egter altyd die Skrif rugsteun – al twee is per slot van sake van dieselfde God afkomstig. Wetenskap en die Skrif leer ons ook dat in plaas daarvan om teen die wetenskap gekant te wees, die Bybelse skepping die soliede grondslag daarvan is.


SHAUN DOYLE het ’n BAHons in omgewingswetenskap aan die Universiteit van Queensland, Brisbane Australië verwerf.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)