Deur: Heinz Winckler

Ons almal het op ons troudag voor God en getuies ’n verbond met mekaar gesluit deur belangrike beloftes hardop aan mekaar te verklaar. Die woorde wat oor ons lippe gekom het, het ’n geestelike verbintenis gevorm. Die meeste mense is in daardie oomblik baie verlief en het die beste bedoelinge om by hulle beloftes te hou. Daar is egter miskien sommiges wat nie mooi gedink het oor wat hulle sê nie en dan, wanneer die wittebroodsfase tot sy einde kom en die werklikheid inskop, word beide partye skielik gekonfronteer met hoe daardie lippediens nou in die praktyk lyk.

Met my selfsug gekonfronteer
’n Paar jaar terug is ek met my selfsug en eng siening van liefde gekonfronteer. Ek en my vrou het verskillende benaderings tot netheid. Oor die algemeen is ons albei netjiese mense, maar wanneer dinge dol gaan, laat skiet ons die teuels en in my vrou se geval is dit oop laaie en kaste en nat handdoeke op die vloer. Dit gebeur nie elke dag nie, maar gereeld genoeg om my te toets. Een dag was ek besig om laaie agter my vrou toe te skuif en ’n nat handdoek op te tel terwyl ek murmureer – jy weet – soos die Israeliete in die woestyn. Ek het by myself gekla omdat ek nou agter my vrou moet skoonmaak en het myself op die skouer geklop met die gedagte: “Jy doen goed, broer, kyk net hoe diensbaar is jy.”

Skielik ervaar ek hoe die Heilige Gees my in liefde berispe: “Is jy besig om jou vrou lief te hê?” Ek het besef dat my troudag-beloftes op daardie oomblik net woorde was en dat my hart ver van ware agape-liefde teenoor my vrou was. Van daardie oomblik af het ek besluit ek sal my vrou met liefde en oorgawe help en ondersteun in die oënskynlik klein goedjies omdat ek lief is vir haar en weet sy is besig met Koninkrykswerk.

Onvoorwaardelike liefde
In 1 Johannes 4 gee die skrywer vir ons die ware definisie van liefde soos Jesus dit vir ons uitgebeeld het deur Sy lewe neer te lê sodat ons die ewige lewe kan hê. Ware liefde is onvoorwaardelik, diensbaar en opofferend. Ek weet jy het die woord “onvoorwaardelik” al baie gehoor, maar dink net gou daaraan. “On-“ beteken “sonder” en “voorwaarde” beteken dat iets moet gebeur voordat jy waarde daaraan sal toeken. Ons is eintlik meer geneig om liefde as transaksioneel te sien: Ek sal gee as jy gee. Solank jy doen wat ek van jou verwag, sal ek dit ook doen, maar as …” Sodra ons ’n sin met “maar as” begin, is ons liefde voorwaardelik en voorwaardelike liefde is nie liefde nie.

God se liefde is onvoorwaardelik
Wanneer ons lippe belowe het om lief te hê, soos Efesiërs 5 van ons verlang en soos 1 Johannes 4 vir ons verduidelik, behoort daardie liefde uit ons binneste te vloei; uit die oorvloed van ons verhouding met God. Slegs God se liefde is werklik onvoorwaardelik, daarom moet Hy ons bron van liefde wees waaruit ons die bonatuurlike krag kry om ons gades en ander lief te hê soos Hy ons lief het.

Jy kan dit doen.

HEINZ WINCKLER is ’n bekende sanger/liedjieskrywer wat die pastoor van LoveKey Church is. Hy neem steeds Christelike musiek op en bedien landwyd, kontak hom by info@lovekey.co.za of besoek lovekeymission.com


25 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org