Deur: Willem Badenhorst

Dink aan die mense om jou – familie, vriende, kollegas. Is jy lief vir álmal? Jy hóú miskien nie van almal nie, maar die vraag is eintlik: Kan mense Jesus-liefde in jou sién? Jesus se liefde het van sy ma Maria en Johannes tot by Judas en die Fariseërs gestrek. Sý liefde strek tot binne in jou hart, al stel jy Hom ook soms teleur. Hy het bitter duur betaal om jou in die Hemel te kry. Dit het Sy lewe gekos.

Tot wáár strek liefde?
Ons is soms ongeduldig met dié wat stadiger beweeg as ons en is soms gevoelloos vir ander se lyding. Ons is ongemaklik met die agterosse; bedelaars, sukkelaars, armes. Vandag is duur liefde maar skaars. “Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die kennis van God” – Efesiërs 3:18-19. Jesus-liefde is duur. By Jesus hoor ek: “Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê; dan sal mense weet …” – Johannes 13:34

Opofferende liefde
Johannes 13 beskryf Jesus se laaste oomblikke. Hy wou vir oulaas vir Sy dissipels sê wat Hy op die hart het – vir oulaas vir hulle sê hoe hulle moet lewe. Hy gee vir hulle ’n nuwe gebod en Hy sê toe nié: “… julle moet mekaar liefhê” nie, maar: “… soos Ek julle liefhet, moet julle …” Die tipe duur liefde wat Jesus gehad het, wat Homself opgeoffer het, dít is die duur liefde wat kenmerkend van ons as kinders van die Here moet wees.

Definieer werklik liefde
Die definisie van duur liefde is 1 Johannes 4:10: “Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.” Agape-liefde. Bloedliefde. Opofferende, selflose liefde. Onvoorwaardelike liefde. Dis Jesus-liefde!

Liefhê behels om te gee
Op pad na die Kruis stop Jesus en was die vuil voete van Sy dissipels. Jy kan sonder liefde gee, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie. “God het die wêreld so liefgehad, dat Hy … gegee het …” – Johannes 3:16. Liefde beteken dat ek iets moet prysgee; dat ek my voorkeure, gemak, doelwitte, sekuriteit, geld, energie of tyd tot vóórdeel van iemand anders aanwend. Hierdie liefde druis téén ons selfgesentreerde aard in.

Die mens se liefde is dikwels goedkoop
“Julle liefde is soos ’n môrewolkie: dit verdwyn so vinnig soos dou” – Hosea 6:4b. Goedkoop liefde hou nie en is nie eg nie – dis tydelik. Dit het geen diepte nie. In Matteus 18:21-35 lees ons van die liefdelose amptenaar wat sy kollega aan die keel gryp. Die verhaal van die barmhartige Samaritaan in Lukas 10 spreek vanself; die liefdelose “kerkmense” stap verby. Petrus, een van Jesus se geliefde dissipels, het ure voor Sy inhegtenisneming uitgeroep: “Here, ek sal U volg …” net om daarna te bely: “Ek ken Hom nie …”

Liefde is die groot gebod!
Jou liefde vir God is die héél belangrikste – jou liefde vir ander moet egter nie agterbly nie. Is dit waar van jou lewe? Die lewe draai grootliks om liefde, daarom is God se belangrikste les vir jou dat jy moet leer en oefen om lief te hê. “En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.” – 2 Johannes 1:6
Liefde behoort ons eerste doelwit en grootste ambisie te wees. “Julle moet die liefde nastreef” – 1 Korintiërs 14:1. Liefde is nie een van die dinge in jou toptienlys nie; dit is bo-aan die lys.

In elke verhouding moet liefde die prioriteit wees. Daarsonder is die lewe eintlik waardeloos. Paulus sê: “Al deel ek al wat ek het aan ander uit; al gee ek my liggaam prys; al werk ek hard vir die Here en vir die kerk; al gee ek baie; al praat ek baie oor die Here – maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks; is dit niks werd nie!” – 1 Korintiërs 13:3

Die lewe gaan oor verhoudings
Ons pas verhoudings in ons besige skedules in, terwyl die lewe eintlik om verhoudings gaan, nie prestasies, welvaart, roem of bekendheid nie. Ons propvol programme, dringende afsprake en oneffektiewe tydsbesteding veroorsaak ’n vervlakking in ons verhoudings. Hoe jy ander mense behandel, is belangriker as al die prestasies wat jy al bereik het en al die rykdom wat jy bymekaar gemaak het. Ek het by talle sterfbeddens gestaan en wanneer mense aan die einde van hulle lewe kom, soek hulle hul geliefdes om hulle – die duur verhoudings.

Liefde doen!
Een van die dinge waaraan God geestelike volwassenheid meet, is die gehalte van jou verhoudings. Hy kyk hóé jy ander mense behandel en veral dié in nood. “Vir sover julle dit aan een van die geringste gedoen het …” – Matteus 25:40. Galasiërs 5:6 sê: “Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan!”

Liefde word T-Y-D gespel!
Hoe belangrik is verhoudings vir jou? Hoe meer tyd jy aan iets bestee, hoe meer bevestig jy hoeveel waarde jy daaraan heg. As jy wil agterkom wat iemand se prioriteite is, kyk na hoe hulle hul tyd bestee. Tyd is kosbaar, jy het net sóveel daarvan. Jy kan meer geld maak, maar jy kan nie meer tyd maak nie. Wanneer jy tyd aan iemand bestee, gee jy hom ’n stukkie van jou lewe. Dis nié genoeg om net te sê verhoudings is belangrik nie, jy moet dit bewys deur tyd daarin te belê. Duur liefde gee van jóúself. “… ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.” – 1 Johannes 3:18

Wat maak liefde dood?
• Selfsug kan veroorsaak dat jou liefde nie hande en voete kry nie. “Want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.” – Lukas 9:24
• Vrees kan veroorsaak dat jy versigtig is om jou hart vir ander oop te maak. Jy kan bang wees vir verwerping. Liefde wil jou juis laat veilig voel en vrymaak. “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.” – 1 Johannes 4:18
• Hoogmoed steek jou liefde agter ’n masker weg. Jy wil só graag aanvaar word, maar niemand mag weet wat in jou lewe aan die gang is nie. Wees versigtig dat hoogmoed jou nie vasboei nie. “Maar as julle nie luister nie, sal Ek in stilte huil oor julle hoogmoed, Ek sal huil en huil, trane stort omdat my kudde as ballinge weggevoer word.” – Jeremia13:17
• Ongehoorsaamheid steek ’n stokkie voor jou liefde vir God en ander mense. Liefde is die bestanddeel wat ons help om God se opdragte uit te voer. “Die straf sal kom as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God en die pad verlaat wat ek julle vandag aangewys het …” – Deuteronomium 11:28

Leef liefde
Is jou verhoudings ’n toonbeeld van liefde? Met wié en aan wát moet jy meer tyd bestee? Wat moet jy uit jou skedule weglaat, watter opofferings kan jy maak? “Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” – Johannes15:17. Liefde is die kenmerk van die hemelse buro van standaarde! Is duur liefde ook die hoofbestanddeel van jou lewe? Mense sal weet dat jy God liefhet deur jou liefde. “U liefde is ’n heeljaarvrug en binne bereik van elke hand wat dit wíl pluk … en uitdeel!” – Moeder Teresa van Kalkutta.


22 Januarie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org