Deur: Pastoor Rudi Briel

Druk word op tweërlei wyses beleef: ekstern of intern. Die veeleisendheid van die werksplek of sukkelende sosio-ekonomiese klimaat is voorbeelde van eksterne druk. Dit is egter die interne druk van onbeteuelde spanning, angs, frustrasie, en so meer wat mense in duie laat stort.

HOE OM DRUK SUKSESVOL TE VERWERK
1. Konfronteer druk: Druk gaan nie vanself weg nie. Om dit te konfronteer, sal ’n gevoel van beheer teweegbring, wat baie noodsaaklik is.
2. Ontleed en herstruktureer: Ontleed jou omstandighede. Identifiseer wat die stres veroorsaak (werksdruk, oorvol programme, persoonlike krisisse, verhoudingsprobleme) en herstruktureer dit tot ’n vlak waar jy verligting van stres het.
3. Organiseer:
3.1. Organiseer jou denke. Volgens Spreuke 23:7 (Engelse ver-taling) is ’n mens soos wat jou denke is. Ineenstorting, siekte of teenspoed het dikwels hul oorsprong in die denke. Hou jou denke positief. ’n Mens word en ontvang soos wat jy dink.
3.2. Organiseer jou emosies. ’n Wyse slagspreuk lui: “As die emosie styg, daal die intellek.” Onbeheerste emosies sal verkeerde besluite en gesindhede tot gevolg hê. Hanteer vrees, woede en frustrasie en verwelkom weer die Heilige Gees se krag tot selfbeheersing (Gal 5:22).
3.3. Organiseer jou lewe opnuut. Intense druk kan ’n mens magteloos en rigtingloos laat voel. Organiseer jou lewe opnuut en skryf jou persoonlike lewensboek vol avontuurlike hoofstukke. Elkeen moet sy eie storie lees.
4. Anker jou geloofslewe: Stimuleer jou geloofslewe deur Woordstudie en leesstof oor geloofshelde. Kombineer gebed daarmee en ervaar hoedat God jou met Sy vrede en versterking aanraak om jou lewensreis in Sy rus voort te sit. Hy wat voor die Almagtige kniel, kan voor enige magtige situasie staande bly!

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom gerus by
admin@agscenturion.co.za


21 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)