Deur: Kobus Roodt

Hoop loop soos ’n lewensaar deur die bladsye van die Bybel en met goeie rede … ons almal het hoop nodig en ons almal beleef by tye hoe ons hoop weens moeilike omstandigede en beproewinge opdroog.

Die uitwerking van hoop
Wat is hoop? Wat is die uitwerking wat ware Bybelse hoop in die hart van die gelowige het?

’n Anker
Eerstens sê die Woord dat hoop ’n anker in moeilike tye is. Dit stel die gelowige in staat om sterk te staan in die geloof. “Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.” – Hebreërs 6:19

Dit gee ons lewe
Tweedens sê die Woord dat hoop ons lewe gee in die kruisdood en opstanding van Jesus. “In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop …” – 1 Petrus 1:3

Die Heilige Gees versterk ons hoop
Tydens sy bediening aan die gelowiges in Rome, bid Paulus dat hulle hoop in die Here versterk mag word – hy sê: “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” – Romeine 15:13

DRIE BELANGRIKE ELEMENTE VAN HOOP
In sy gebed lig Paulus drie baie belangrike elemente van hoop uit.

1. Die Here is die bron van hoop
“Mag God, die bron van hoop …” (Rom 15:13a). Dit is ’n baie belangrike waarheid wat deur Paulus vasgelê word, want hy weet ons is geneig om ons hoop te soek en te plaas in die dinge van die wêreld. Dinge soos vriendskappe, geliefdes, versekeringspolisse, ons beroep, die ekonomie, ensovoorts. Maar ons weet dat enige hoop wat uit hierdie bronne kom, van korte duur is en inderdaad maklik wegval in tye van beproewing.

Onvergaanbare hoop
Paulus herinner ons daaraan dat God die bron van hoop is. Dit is ’n hoop wat nie vergaan, deur motte opgeëet kan word of deur omstandighede beïnvloed word nie, maar ’n hoop vir vandag wat strek tot in ewigheid en duur gekoop is deur Jesus se offer aan die Kruis.
As ons voel ons hoop droog op, moet ons terugkeer na die bron van hoop – Jesus. Hy is die ware bron van hoop! Job se verhaal is ’n mooi voorbeeld van hierdie waarheid. Nadat Job alles verloor het, het hy nog steeds hoop in die Here (die bron van hoop) gehad.

2. Die grondslag van hoop is die Woord van God
“… deur julle geloof …” (Rom 15:13b). Paulus herinner ons dat geloof en hoop van mekaar afhanklik is. Jy kan nie hoop in Jesus hê sonder om jou geloof in Hom te plaas nie.

Die verband tussen die Woord, geloof en hoop
As ons oorvloedige hoop in Jesus wil beleef, moet ons in geloof groei. Die bron van geloof is die Woord. “Die geloof kom dus deur die prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus” – Romeine 10:17. Paulus sê in Romeine 15:4 “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.” Dus, bring die “prediking wat ’n mens hoor” – die hoor van die Evangelie deur die Woord – geloof mee wat oorvloei tot in hoop.

3. Hoop bring vrede en vreugde
“… julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Rom 15:13b). Paulus bid dat ons geloof en hoop in die Here sal oorloop in vrede en vreugde. Hierdie vrede en vreugde is die werk van die Heilige Gees in die hart van die gelowige en maak dit vir ons moontlik om selfs in beproewinge die vrede en vreugde van die Here te beleef.

Die vreugde van die Here is ons krag 
Dit is belangrik om na Paulus se lewe te kyk om te verstaan hoe wonderlik hierdie beginsel is. Paulus is deur baie beproewinge in sy lewe. Hy is geslaan, gestenig, verwerp, in die tronk gegooi, het skipbreuk gely en vele meer; maar steeds kan hy verklaar: “Ons ken hartseer, maar ons is altyd vol vreugde.” “… as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles” – 2 Korintiërs 6:10. Ons is waarlik oorstroom met die goedheid van die Here en die vreugde van die Here is ons krag.

Die hoop van Sy wederkoms
Mag ons vandag met ware hoop gevul wees in die wete dat die Here die bron van hoop is wat ons versterk in geloof en ons harte met vrede en vreugde vul. Mag ons dus sterk staan in ons hoop in Jesus. Daarom sien ons uit na daardie heerlike dag wanneer ons wonderlike God en Verlosser, Jesus Christus, terugkom. Ons kan nie meer wag dat dit moet aanbreek nie! (Titus 2:13).

KOBUS ROODT is die hoofleraar by Kleinmond Fellowship Church. Kontak hom by kobusr101@gmail.com


21 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org