Deur Gawie de Lange

Ek en my vrou het die voorreg gehad om onlangs tydens ’n huwelikseminaar ’n paar gedagtes oor die huwelik te deel. As daar een ding is wat ek die afgelope paar jaar oor die huwelik geleer het, is dit dat ons dikwels hierdie belangrike verhouding in ons lewens onder die vaandel van “’n besige lewe” afskeep. Ter voorbereiding vir hierdie seminaar is ek weer herinner hoe belangrik ’n gesonde huwelik is en hoe nodig dit is om moeite te doen in jou huwelik.

Doen moeite
Genesis 2:24 sê: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” Die Hebreeuse woord vir “aankleef” in hierdie konteks is dabaq, wat beteken om “vas te hou”, “om vas te heg”, to pursue hard with affection. Daar is geen manier waarop jy ogies kan maak vir jou man/vrou sonder aksie of inspanning nie.

Koester julle huweliksverhouding doelbewus
Die probleem is dat ons lui en/of te besig geword het om steeds met ons lewensmaat te flankeer. Dit is ironies dat ons instinktief weet dat om enige plant of ’n besigheid te laat groei, moet ons aktief moeite doen en seker maak dat dit oorleef en groei om gesond te wees en te floreer. Tog doen ons in ons huwelike dikwels maar min moeite en verwag egter ’n goeie resultaat. Die waarheid is dat ons huweliksverhouding, net soos ’n plant wat nie versorg of natgemaak word nie, sal verwelk en kwyn as ons dit nie doelbewus koester nie.

3 praktiese punte om oor na te dink:
1. Moenie tou opgooi oor jou huwelik nie. ’n Bekende prediker het gesê: “As jou motor sonder brandstof gaan staan, verkoop jy dit? Nee, jy maak die tenk vol. Vul jou huwelik se liefdestenk met jou lewensmaat se liefdestaal.”
2. Jy het voorheen alles in jou vermoë gedoen om vlerk te sleep by jou lewensmaat. Jy het deure oopgemaak, sy/haar gunstelingkos gemaak en moeite gedoen met jou voorkoms om hom/haar te beïndruk. Ons moenie moeg word steeds by hulle aan te lê nie.
3. Kyk diep in jou maat se oë en begin ’n sin met: “Ek is lief vir jou omdat …” Probeer om dit ten minste een keer per week te doen. Sluit, nadat jy verklaar het hoekom jy hulle liefhet, met ’n kort gebed af. Jy ken die Engelse gesegde: “Couples who pray together,
stay together.”

Laat ons die liefde in ons huwelike weer aanwakker deur aktief vir ons maats ogies te maak.

Gawie de lange is die algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. Sy passie is om Christus met almal te deel.


14 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org