Deur: Ron Kinnear

In Handelinge 1:8 lees ons dat ons krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor ons kom sodat ons Sy getuies kan wees. Die punt wat ek wil beklemtoon is dat ons krag sal ontvang “om iets te doen”. Ons het nie daardie krag nodig as ons bloot stilsit en niks doen nie. Ek hoop dit maak sin? Hierdie “krag” veronderstel dat ons getuies vir die Here sal wees. Indien ons wel Sy getuies is, werk Sy krag deur ons om ander met Sy liefde te bereik. Andersins het ons – met groot respek gesê – nie daardie krag nodig nie.

In die hoësorgeenheid
’n Sekere jong dame dien die Here nog altyd met groot toewyding en ywer. Sy bedryf haar eie sakeonderneming, maar met die bedoeling dat dit haar in haar bediening ondersteun. Onlangs het sy die COVID-19-virus erg onder lede gehad. Sy is enkellopend en moes self na die hospitaal toe ry om opgeneem te word. Etlike dae lank het sy vir haar lewe geveg terwyl sy die Naam van die Here aangeroep het. Toe sy begin herstel, het sy aanbiddingsmusiek op haar selfoon gespeel en die ander pasiënte in die hoësorgeenheid begin bedien. Almal het agter hulle suurstofmaskers spontaan haar gebede verwelkom.

Geloof in aksie
By haar ontslag het sy die dokter vir haar behandeling bedank. Hy het ’n ander godsdiens aangehang en het haar aanvanklik stip dopgehou. Sy reaksie op haar dankbaarheid was dat sy haar Here moet dank, want dit was Hy wat haar deurgedra het. Haar getuienis vir Christus het duidelik ’n indruk op die dokter gemaak.

Groot vraag: Hoeveel van hierdie beloofde krag om ’n getuie te wees het jy in jou lewe nodig?

RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling en stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za


29 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org