Deur Pastoor Ron Kinnear

Wees innoverend. Doen dinge ’n bietjie anders hierdie Kersfees. Neem byvoorbeeld ’n geskenkie vir jou bure, wens hulle ’n geseënde Kersfees toe en beklemtoon dat ons almal vir Christus weer die ereplek in dié Christusfees moet gee. Skryf e-posboodskappe aan vriende of familie om te verduidelik waarom Jesus in die vlees gebore moes word. Deel spesiale lekkernye aan die kinders in julle buurt uit. Nooi mense wat jy nie goed ken nie om op Kersdag ’n spesiale maaltyd saam met jou en jou gesin te geniet. Google hoe mense in ander lande Kersfees vier – veral in Europa – stel sommige van daardie gebruike ook op die proef. Dit kan nogal pret wees! Bel jou baas op Kersdag en wens hom/haar ’n geseënde Kersfees toe. Draai benewens nuwe geskenke ook vir die kinders verlede jaar se geskenke vir die grap toe en sit dit onder die Kersboom neer. Die reaksie sal jou verbaas!

Maak geskenke in plaas daarvan om geskenke te koop. Dit sal goed ontvang word. Toe ons nog sendelinge in Zimbabwe was, was daar nie veel wat ons as geskenke kon koop nie. Deels weens beperkte finansies, maar ook as gevolg van die leë rakke. Ons het besluit om kreatief te wees en geskenke te maak vir ons familie in Suid-Afrika, saam met wie ons Kersfees sou vier. Toe hulle hierdie geskenke oopmaak, was hulle oorstelp en het die trane gerol. Hulle het dit opreg waardeer. Dit is mos per slot van rekening waaroor Kersfees gaan. God het dinge ook anders gedoen. Hy het Sy eniggebore Seun as ’n soenoffer vir ons sonde gegee. Jesus is in die vlees gebore. Dit het nog nooit tevore gebeur nie! Ek is so bly dat God op Kersdag dinge anders gedoen het; Christus is gebore!

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


17 Desember 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)