Dit is een van die lekkerste dinge vir my om na kinders se gesigte te kyk wanneer ek hulle van die wonders vertel wat God gedoen het. Net soos die Israeliete vir hulle kinders met groot entoesiasme vertel het van die God wat ’n Moses gestuur en groot wonders gedoen het, moet ons ook vir ons kinders laat kennis maak met die God wat dinge doen wat enige superheldreeks verdwerg. As ouers het ons ’n groot verantwoordelikheid om vir ons kinders van God te vertel.

Ons maak ’n belofte voor die lewende God. Ja, dieselfde God wat die tien plae bestuur het, wat die Israeliete oor kurkdroë grond deur die Rietsee laat trek het en die Egiptiese leër laat verdrink het, is die God aan wie jy die belofte afgelê het om jou kinders van Hom te leer. Meer nog, jy moet van hulle dissipels maak. Dit kan intimiderend wees, maar God het ons die Bybel geskenk wat ryk is aan gebeurtenisse wat enige kind aan jou lippe sal laat hang. Maak ’n lys van al die wonders van God wat in die Bybel opgeskryf is; dit kan jou lank besig hou. Van die tien plae tot die trek deur die Rietsee. Van manna uit die hemel en water uit ’n rots; donkies wat praat tot vuur uit die hemel wat ’n waterdeurdrenkte offer en altaar verteer.

Maar God se wonders gebeur ook in die kleine soos wanneer die kraaie vir Elia kos bring of ’n weduwee beleef hoe God voorsien deur ’n kruik wat nooit leeg raak nie. Wanneer ons kinders aan ons lippe hang oor die wonderbaarlike goed wat God gedoen het, moet ons vertelling hulle altyd laat sien dat hulle deur die wonders van God moet kyk na waarheen dit wys – naamlik ’n God wat sorg, ’n God wat ’n plan het met die redding van die mens. Wanneer Jesus op die toneel verskyn, word die wonders bakens wat na die komende Koninkryk heenwys. Om vir kinders te vertel van die God wat wonders doen, is groot pret!

En die grootste doel daarmee is om by ’n teksgedeelte soos Matteus 9:1-8 uit te kom sodat die grootste wonder – die vergifnis van sonde – se eggo al duideliker word.

Herman de Kock is ’n deeltydse vrywillige prediker en hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak hom via info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram.


24 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org