Deur: Hermien van den Bergh

Toe die Heilige Gees jare gelede die woorde uit Matteus 4:23 op my hart gelê het, het ek geen idee gehad dat daardie woorde die trajek van my lewe radikaal sou verander nie. Ek is in 2012 afgelê en het geen idee gehad wat om met my lewe te doen of hoe ek finansieel sou klaarkom nie. Die woorde van ’n pastoor op die televisie het my hoop gegee: “Wanneer jy deur moeilike tye gaan, verander jy van rat en is God besig om jou oor te skakel – Hy bevorder jou in Sy Koninkryk.”

God laat alles ten goede meewerk
My vriende, Peter en Anneline Bacon, het my genooi om drie maande lank by hulle in Mauritius te bly. Hoe wonderlik was die Here nie om ’n slegte gebeurtenis ten goede vir my te laat uitwerk nie? Dit was maar net die begin van Romeine 8:28 wat ’n werklikheid in my lewe begin word het. Ek is deur ’n sterk begeerte gelei om God te gehoorsaam en het my lewe daarvolgens gerig. Dit was aanvanklik moeilik, want ek het nog nie my roeping mooi verstaan nie en sommige mense het my verkwalik omdat ek gekies het om my lewe volgens ’n “antieke boek” te navigeer.


Hermien by Amy, wat danksy die dissipelskap-sessies haar Bybel leer ken en as jong Christen opleiding ontvang

Roeping in Mauritius bevestig
Eendag het ’n vrou my genooi om by hulle Kreoolse kerk te kom preek en ek het die geleentheid met beide hande aangegryp. Ek het my hart uitgepreek oor die goedheid van God en die mens se behoefte aan redding. Tot my verbasing het die mense vorentoe gestroom om Jesus aan te neem.

Twee jaar later was ek en my seun, Dawid, reisende sendelinge en hoewel ons bediening klein begin het, het dit soos ’n mosterdsaadjie gegroei. Nou neem ons jaarlikse sendinguitreike ons buiten Suid-Afrika ook na Lesotho, Malawi en Botswana. Bekerings, veranderde lewens en wonderwerke het vir ons die norm geword. Die gesegde dat God ons pyn in Sy doelwit verander, het vir my ’n werklikheid geword.

Die eerste wonderwerk
Ons is tans in Ladybrand en bedien ’n Asiatiese gemeenskap. Gister het ons ’n Taiwannese man na die Here toe gelei. In Maseru sal ons Sesotho-werkers bedags by ’n klerasiefabriek bedien en Asiatiese werkers snags. Dit was by hierdie einste fabriek dat ek my eerste wonderwerk beleef het. ’n Jong Sesotho-vrou het my ’n groot, pynlike gewas op haar knie gewys. Sy het vertel dat die kliniek haar nie kon help nie en dat sy elke dag mank-mank aangesukkel het werk toe. Ek het stilweg tot God gebid om haar gesond te maak en die knie toe in Jesus se Naam beveel om te genees. Ek het gebid met my oë vasgenael op die gewas in verwagting dat dit sou verdwyn – en dit het! Dit het bietjie vir bietjie gekrimp totdat die vrou verbaas uitgeroep het: “Die pyn is weg!” Ek was in verwondering oor God se goedheid en die voorreg om so ’n wonderwerk te kon aanskou.

Nuwe dissipels
In China word Christen-sendelinge beheer, maar nie hier in Maseru se nywerheidsgebied nie. Ons kan verhoudings bou, evangeliseer en nuwe Asiatiese gelowiges bedien danksy die Chan-familie wat Christen-eienaars van die fabriek is. Sommige van die Asiërs het nog nooit voorheen van Jesus gehoor nie. Ons vertrou dat dié wat tot bekering kom en as dissipels opgelei word, terug sal keer huis toe na hulle onderskeie lande om die Goeie Nuus van die Koninkryk daar te gaan verkondig.


25 Julie 2022

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org