Deur: Pastoor Gordon Claasen

“Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” – 1 Korintiërs 13:4-7

Paulus wil die aard en die karakter van Christus se liefde illustreer en uitwys hoe ons dit aan ander moet demonstreer en uitleef. Die kerk in Korinte is
deur onenigheid, agterdog, jaloesie, vooroordeel, selfsug, hoogmoed en partydigheid gekenmerk – alles heeltemal teenstrydig met Christus se agape-liefde.

Die eerste karaktereienskap van die liefde wat Paulus uitwys, is lankmoedigheid. Lankmoedigheid behels ’n traagheid om in woede of ergernis te reageer. Dit beteken ook om geduldig of verdraagsaam teenoor ander
se verkeerde of swak gedrag te wees. Ons moenie ander sommer net oordeel nie, maar geduld en verdraagsaamheid aan die dag lê. Almal het ’n tweede kans nodig.

Wees lankmoedig met die onvolwassenheid en vleeslikheid van jou medemens. Hulle het die Christus-liefde nodig wat jy weerspieël. Liefde het niks met ons vleeslike emosies te doen nie, maar eerder met die Christus-lewe in ons. Ons vleeslike natuur skree menigmaal “nee” wanneer ons ander moet vergewe, maar die Gees van Christus sê: “Ja, jy moet ander vergewe.”

Agape-liefde is ’n vrug van die Gees. Ons kan net Goddelike liefde gee wanneer ons emosies gekruisig is soos uiteengesit in Galasiërs 2:20. “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou
in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God
wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.”

PASTOOR GORDON CLAASEN is senior pastoor en stigter van Kingdom Reign Ministries. Hy bied byeenkomste aan om leiers met die Woord toe te rus. Kontak hom by info@kingdomreign.co.za of besoek kingdomreignministries.co.za


2 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)