”Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword.” – 1 Korintiërs 13:1

In Bybelse dae was dit uiters skaars dat iemand veeltalig was en as jy wel oor so ’n gawe beskik het, was jy as ’n welopgevoede, welgesproke en ook as ’n welbelese persoon beskou. Ander mag dalk beïndruk wees met sulke intellektuele vermoëns en welsprekendheid, maar volgens Paulus baat dit niks as dit sonder die liefde gedoen word nie.

“Al sou ek die tale van engele spreek” verwys na die diep geestelike dinge, die verborgenhede, geheimenisse en openbaringe van God. Al het ons die vermoë om dit aan ander oor te dra, maar ons het nie die liefde nie, is al hierdie diep openbarings leeg en betekenisloos. Ons lewer soms die Woord akkuraat, maar sonder enige liefde. Geestelike leiers wat die Woord bedien, moet hul motiewe ondersoek en seker maak dat hulle ander met Christus se onvoorwaardelike liefde bedien. Soms word die verkondiging van die Woord eerder ’n plig sodat eie materialistiese behoeftes vervul kan word.
“… en al sou ek al my goed gee uitdeel … en ek het nie die liefde nie, dan sal dit my niks baat nie.” Om vrygewig te wees, is wat God van ons vereis. Maar as diens aan Christus nie ons primêre motief is nie, dan beteken ons goeie dade niks nie. Dit is nie emosies wat ons dring om te gee nie; ons gee onvoorwaardelik, want die grondslag om aan ander te gee, is Sy liefde. As die manier hoe ons gee nie die liefde van Christus weerspieël nie, is dit nutteloos. Al lê ons ook ons lewens af vir ander, sal dit sonder die liefde niks baat nie.

PASTOOR GORDON CLAASEN is senior pastoor en stigter van Kingdom Reign Ministries. Hy bied byeenkomste aan om leiers met die Woord toe te rus. Kontak hom by info@kingdomreign.co.za of besoek kingdomreignministries.co.za


21 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)