Onderhoud deur: Lourieke Haller

Die Christelike Uitgewersmaatskappy, CUM, het onlangs sy nuwe Toeligtingsbybel bekendgestel. Talle mense wat lief is daarvoor om die Amplified Bible te gebruik vir die verruiming van betekenis tot ’n mens se begrip van ’n teksgedeelte, sal die Toeligtingsbybel ook waardeer.

Die Bybel is beskikbaar by CUM Boekwinkels of kan aanlyn bestel word by cumbooks.co.za

Maretha Maartens, die bekende outeur van jeug, Afrikaanse en godsdienstige boeke was verantwoordelik was vir die taalkundige verheldering en het die leeue-aandeel van die taak verrig, hoewel sy bygestaan is deur ’n groot span medewerkers, onder meer prof. Marius Nel wat die redakteur vir die Ou Testament was en prof. Jan Barkhuizen die redakteur vir die Nuwe Testament.

Ek het met haar gesels oor hierdie projek en haar belewenis daarvan.

Dié taak moes nogal uitdagend gewees het. Is dit aan jou oorgelaat om te besluit wat jy gaan toelig of hoe is daar besluit watter woorde om toe te lig?

Die kort antwoord: Ek het antwoorde op my eie vrae gesoek. CUM het riglyne vir die formaat gegee soos byvoorbeeld hoeveel Skrifverwysings ons per gedeelte kon gebruik. Hoe weet ’n mens dan wat om toe te lig? Gelukkig of ongelukkig vir hulle is ek neuroties van geaardheid. Ek is ondersoekend en analities en kan nie rus voordat ek weet wat ’n bepaalde woord of gedeelte beteken nie. Neurote kan nie afskeep nie, hulle werk letterlik teksvers vir teksvers deur die Bybel en dan wonder hulle oor hulle eie vrae. Ek het dus navorsing gedoen oor dinge waaroor ek gewonder het. Ek vind geweldig sterk aanklank by ou teoloë. Daardie mense wat hulle lewe aan Skrifstudie gewy het.

Na wie verwys jy byvoorbeeld hier?

Ek praat nou hier van teoloë soos Albert Barnes en soos Clark en soos Calvyn. Ek praat van Keil en Delitzsch se kommentaar oor die Ou Testament of die Treasury of Scriptural Knowledge, die TSK (’n Bybelkonkordansie met meer as 500 000 kruisverwysings vir Bybelverse), wat op die Skrifverwysings ingaan. Daardie teoloë van die verlede het ontsettend hard gewerk om Bybelteks met Bybelteks te vergelyk. En dit is my persoonlike uitgangspunt van die Toeligtingsbybel – die Skrif verklaar die Skrif. Jeremia word byvoorbeeld gelees in die konteks van ’n bepaalde tydgleuf en daar word gekyk na wie die luisteraars was: vir wie is dit geskryf deur wie.

Hoe lank het dit jou geneem?

Die projek het vyf jaar lank geneem. Nou wil ek dit darem ernstig beklemtoon dat ek een van ’n span was. My rol, as ek dit so kan vergelyk, was wel so ’n bietjie soos Francis Siewert wat die werk vir die Engelse Amplified Bible gedoen het. Sy was eintlik ’n taalkundige, maar sy het haar lewe gewy aan intensiewe studie van die Skrif en ook aan die kulturele en argeologiese agtergrond waaroor Bybelse tye gaan. Die Lockman Foundation se redaksionele raad het haar monumentale werk hersien en die geredigeerde en geproefleesde vertaling is toe aan ’n komitee van gekwalifiseerde teologiese konsultante voorgelê.

CUM het eintlik ’n soortgelyke proses gevolg. Ek het ongeveer 83% van die Toeligtingsbybel gedoen en prof. Marius Nel, die Ou Testamentikus van die Noordwes-Universiteit het van Jeremia tot Maleagi gedoen, want die tyd het my ingehaal. Jy weet mos, tyd haal neurote altyd in! Ek het die hele tyd, twee weke vir twee weke, maand vir maand, vyf jaar lank onder toesig en gedurige kommunikasie met prof. Jan Barkhuizen, die Nuwe Testamentikus en prof. Marius Nel gewerk. Die  teoloë het seker gemaak ek bly op die regte spoor.

Hoe het jou betrokkenheid by die projek jou persoonlik geraak?

Om betrokke te wees by die Toeligtingsbybel was soos ekstra olie op die vuur. Dit het my eenvoudig nog meer oortuig hoe nodig dit is om Skrifstudie te doen. Dit is regtig die brood waarvan ’n mens lewe.

Jou biblioteek van kennis oor die Woord het sekerlik so uitgebrei dat jy ’n ryke innerlike bron het waaruit jy nou kan put. Dit is ’n geskenk wat die Here vir jou gegee het.

Dis presies dit. Hy het my geseën met die Woord en hierdie projek. Ek is so dankbaar vir die geleentheid wat ek gehad het.

Wat was vir jou die moeilikste van hierdie projek?

In ’n stadium moes ek vasstel watter dele van die Ou Testament werklik Messiaanse profesieë is. Dit was moeilik, want ’n mens kan so maklik enigiets as ’n Messiaanse profesie interpreteer. Dit was wonderlik om die talle Messiaanse profesieë in die Ou Testament te ontdek.

Nou het jy die harde werk vir ons gedoen, die juweeltjies in die Woord uitgegrawe en dit lê klaar in die juwelekissie vir ons, gereed om te ontdek!

Wat is die aspek wat jy die meeste geniet het?

Die tipe ontdekkings wat my hoendervleis gegee het: Byvoorbeeld, toe God die verbond met Abraham ingestel het (Genesis 15), het Hy vir hom gesê sy nageslag sal baie swaar kry, tot in die vierde geslag, “dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle mate bereik.” Dis nou die tipe ding waaroor ’n neuroot wonder: “Hoekom staan daardie sin daar?” Toe kom ek in een van die boeke Numeri of Deuteronomium af op die vers waar God met die volk praat en Hy sê vir Israel hier is van die dinge wat hulle nie moet doen nie en Hy lys dinge soos: Jy mag nie jou kinders vir Molog offer nie, jy mag nie gemeenskap met jou skoonmoeder hê nie – allerhande sulke euwels. Dan sê God: “As julle dit doen, sal Ek julle hier verdryf soos wat Ek die Amoriete verdryf het omdat hulle ongeregtigheid die volle maat bereik het.” Dis daardie soort antwoorde en ontdekking wat ek terdeë geniet het.

 Hoekom sou jy mense aanraai om hierdie Toeligtingsbybel te gebruik? Op wie is dit gemik

Die Bybel sê: ”My volk vergaan weens gebrek aan kennis.” Hoe minder kennis ons van die Woord van God het, hoe minder gaan dit met ons goed. Daar is mooi, geestelike lekkerleesstories en internetaanhalings en inspirerende inhoud op die internet of sosiale media beskikbaar, maar ons moet die Woord self ook ken. Romeine 15:4 sê: “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.” Ek wil hoop hê en ek wil hê my nageslag moet hoop hê. Die skrif is opgeteken om vir ons deur die standvastigheid en bemoediging was die skrif ons gee, vol hoop te kan lewe.

2 Timoteus 3:16 sê: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek.” Wie van ons wil in die leuen lewe? Wie van ons wil mislei word? Wie van ons wil in verkeerdhede voortploeter? As ons die Skrif lees en bestudeer en elke keer ’n bietjie beter verstaan dan word ons toegerus en voorberei vir elke goeie werk. En goeie werk beteken nie net liefdadigheid nie, dit beteken om binne die wil van God die goeie te doen.

Vir wie is hierdie Bybel? Op wie is dit gemik?

Hierdie Bybel is vir jou as jy agterkom dit gaan maar op ’n afdraande pad met jou of as jy ’n diep honger na God het en nie eintlik weet waar om te begin nie. As jy uitgeput is van die lewe soos hy nou is, ontuis begin voel in die lewe soos dit nou daarna uitsien en moedeloos en verward is, gebruik hierdie Bybel. As jy jonk is en dink die Ou Testament is vervelig en irrelevant of selfs as jy dink jy weet alles van die Bybel, is dit steeds vir jou, want ek sê vir jou: Die Toeligtingsbybel is ’n vingernael se krap aan die diepte van die Bybel.”

 “The study of God is the most important of all study. It is superior to all studies.” – George Macdonald


2 Desember 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org