Deur Pastoor Rudi Briel

Geen geboorte soortgelyk aan dié van Christus is ooit aangeteken nie. Die volgende wonders maak Jesus se geboorte so uniek:

1. ENGELE HET SY GEBOORTE AANGEKONDIG: Engele sal, terwyl hulle die uitverkorenes bymekaar maak, ook Sy wederkoms met trompetgeskal aankondig (Matt 24:31).

2. JESUS IS DIE ENIGSTE SONDELOSE WAT OOIT GEBORE IS:
Aangesien Hy nie deur ’n aardse vader verwek is nie, maar deur die Heilige Gees (Matt 1:20), is Jesus sonder die oorerflike en sondige menslike natuur gebore – en maak dit Hom sondeloos (1 Pet 2:21,22).

3. SY GEBOORTEPLEK, BETLEHEM, BETEKEN “HUIS VAN BROOD”: Dit is interessant dat Jesus, wat “Brood van die Lewe” genoem word (Joh 6:33), dan juis ook in Betlehem gebore is.

4. JESUS IS IN ’N KRIP NEERGELÊ IN PLAAS VAN ’N BED: Krippe word as voedingsplekke vir diere gebruik. Die krip simboliseer Jesus as enigste sielekos wat die honger van sondaars kan stil (Joh 6:35, 1 Kor 11:23-26).

5. ’N BESONDERE STER HET BOKANT DIE GEBOORTEPLEK VERSKYN: In daardie donker geboortenag verskyn Jesus dan ook as “blink Môrester” (Op 22:16) en “Lig van die wêreld” (Joh 8:12) om lewens te verlig.

6. HERDERS HET JESUS SE GEBOORTE DIE EERSTE BEGROET: Hierdie gebeurtenis, wat so deur God bestem is, beaam Jesus se sending as “die goeie Herder” om Sy lewe vir die skape af te lê (Joh 10:11).

7. JESUS SE GEBOORTE IS DEUR BESONDERE TEKENS AANGEDUI: Lees Jesaja 7:14, Lukas 2:12 en Matteus 2:2. Sy wederkoms sal ook deur tekens aangedui word (Matt 24:3-44, Luk 21:25-27).

Maranatha – Jesus kom weer!


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)