Deur: pastoor Rudi Briel

Veertig jaar se omswerwinge in die woestyn en die slegte nuus van reuse in Kanaän, het God se volk ontmoedig om verder aan te gaan (Num 13-14). Langdurige hindernisse en folterende omstandighede plaas groot druk op ‘n mens se uithouvermoë om verder aan te gaan.

DRIE BEGINSELS WAT JOU MOED SAL GEE OM AAN TE HOU

1. HET GOD JOU GELEI NA DIE PLEK VAN JOU LEWE WAAR JY TANS IS?
Indien jou antwoord hierop “ja” is, kan jy opnuut moed skep om aan te hou. Ongeag enige ontberinge was Israel tog binne God se wil op pad na Kanaän. Om binne Sy wil te wees, beteken nie ’n pynlose reis nie, maar die absolute oortuiging dat jy wel binne God se wil is, sal jou moed gee om aan te hou.

2. JOU OMSTANDIGHEDE IS NIE JOU IDENTITEIT NIE
Die vreesaanjaende gesig van reuse in Kanaän het die verspieders laat voel soos sprinkane in hul eie oë (Num 13:27-33). Moenie dat slegte omstandighede jou identiteit afbreek nie. Jy is groter as jou omstandighede! Behou jouself, jou geloof en standvastige lewensbeginsels. As jy dit kan regkry, sal jy moed hê om aan te hou.

3. BEHOU STRUKTUUR IN JOU LEWE
’n Skip kan aanhou vaar solank hy struktuur behou. Sorg dat jy nie inmekaar val wanneer jou buitewêreld tuimel nie. Behou innerlike struktuur met ’n gebalanseerde lewe tussen godsdiens, jou familie, werk, stokperdjies en ontspanning. Leef die groter lewe en leef dit georganiseerd. Struktuur sal jou moed gee om aan te hou.

AANHOUER WEN!

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by admin@agscenturion.co.za


29 November 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org