Deur: pastoor Ron Kinnear

Iemand het ’n stelling gemaak dat die voortbestaan van die Kerk op een generasie berus. Indien die volgende geslag nie die mas opkom nie, is dit klaar met die Kerk. Wonder jy soms oor die voortbestaan van die Kerk? Baie van die jeug het afvallig geword. Waarheen is ons op pad? Paulus het aanvanklik vir Markus afgeskryf. Dit het tot ’n woordewisseling en skeiding tussen hom en Barnabas gelei. Barnabas het Markus onder sy vlerk geneem. Later het Paulus sy mening oor Markus verander, want ons lees in 2 Timoteus 4:11 dat Paulus vir Markus verwelkom omdat hy van groot hulp vir hom kon wees. Ek plaas Amon Chinyemba van Zimbabwe in daardie kategorie. Ná hy ’n pastorale kursus voltooi het, wou hy voltyds in die bediening gaan. Sy moderator het egter geen potensiaal in hom gesien nie. My pleidooi het op dowe ore geval. Amon het hom toe maar by ’n Duitse sendeling aangesluit, sy proefjaar voltooi en ná sy verordening ’n gemeente bedien wat uit sy nate gebars het. Ek het gesien hoe ongeveer ’n honderd aanbidders buite onder sambrele gesit het omdat daar nie meer binne sitplek was nie. Later het Amon daardie kerk gesloop en ’n nuwe een, wat sitplek kon bied vir 1 500 mense, kontant gebou. Daarna het hy nuwe Bybelkollegefasiliteite gefinansier en ’n konferensiesentrum van miljoene dollars gebou. Hy het ’n pragtige skoolgebou opgerig en die skool bedryf. Op die toppunt van sy sukses het hy die bediening aan ’n jonger prediker oorhandig en weer ’n nuwe gemeente gaan plant. Dit was Amon wat nie agting geniet het nie. Dus, daardie ou vaal seuntjie met sy skraal beentjies wat teruggetrokke op die agterbank sit en luister, kan jou nog eendag verras. Ek glo die Kerk het ’n toekoms. Daar is manne soos Markus en Amon in ons geledere wat ’n verskil gaan maak. Gee hulle net die geleentheid.

RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling en stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za


30 Augustus 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org