Deur: Jonathan Pieters

Al is ek net 13 wil ek graag ander mense, jonk en oud, met my getuienis bemoedig om hard te werk en die Here te dien. Ek is gebore uit die verhouding wat my ouers op ’n jong ouderdom gehad het en het van kleins af by my ma, ’n enkelouer, gebly.

My ma, Venerie, is ’n kontrakwerker en het dikwels vir lang tye nie werk nie; ons loop maar waar ons moet kom. Ons huur ’n kamer in iemand se agterplaas in Idasvallei, naby Stellenbosch, en het dikwels nie elektrisiteit of water nie. Maar daar is wonderlike mense soos oom Johan en tannie Edna Symm in ons gemeenskap wie se deur nog altyd vir my oop was as daar ’n honger kol op my maag is en wat vir my kinderprogramme oor Jesus gewys het.


By my ma, Venerie, en pa, John REGS: Ek ontvang my eie skootrekenaar!

’n Goeie grondslag
Gelukkig ken my ma ook die Here en het sy my van kleins af van Jesus geleer en vir my uit die Bybel voorgelees. Sy het my ook van jongs af leer lees, om wiskunde te doen en het my na die Idasvallei-biblioteek geneem – my lekkerste lekker!

Juffrou Loots, my graad 2-onderwyseres by Brückner De Villiers Primêre Skool in Stellenbosch, het ons geleer om elke oggend vir drie belangrike dinge te bid, naamlik kennis, wysheid en insig. En ek het – en vra nog steeds elke dag daarvoor.

’n Droom word gebore
In graad 5 het my onderwyser, juffrou Williams, opgemerk dat ek graag oor rekenaars en programmering lees. Sy het my toe smiddae na ’n ander skool begin neem waar ek op hulle rekenaars kon werk. My droom is om eendag ’n ingenieur te word, maar ek het besef – al is my punte goed, sal ek ’n goeie hoërskool in Stellenbosch moet bywoon om ’n kans te hê om my droom te verwesenlik.


Saam met juffrou Williams by ’n prysuitdeling

So naby en tog so ver
Ons bly binne loopafstand van twee uitstekende hoërskole in Stellenbosch. So naby, maar tog so heeltemal buite my bereik. Ek en my ma het die ope dae van albei bygewoon en was in verwondering oor hoe indrukwekkend alles is. By Hoërskool Stellenbosch het ons lank op die bankie bly sit en ’n roomys gedeel om net ’n bietjie langer te bly en alles in te neem. ’n Mens kon ou jaarblaaie saamneem en ek is met ’n armvol daar weg. Ek het elke bladsy verslind, maar ons is spoedig laat weet dat daar nie vir my daar of in Paul Roos plek was nie.

Die hoop van ’n beurs
My onderwyser het voorgestel dat ek by Mergon vir ’n beurs aansoek doen. Dit was nie ’n maklike proses nie, maar ek het opgewonde rondgespring van vreugde en die Here geloof en geprys toe ek na ’n volgende keuringsronde deur is. ’n Paar weke later het Mergon ons laat weet dat ek genooi is vir die onderhoude en dat ek ’n toespraak moet lewer oor wat ek dink ons land se grootste uitdaging is.

Probleme om die regte hoërskool te vind
Ons was in die wolke en het die Here gedank toe die goeie nuus kom dat ek een van die suksesvolle kandidate vir ’n beurs is. Die enigste probleem was dat ek self ’n plek in ’n hoërskool moes vind. Die hoof van Calling Academy, ’n Christen- privaat skool aan die buitewyke van Stellenbosch, wat juis bedoel is vir belowende kinders wat uitval weens ’n gebrek aan plek in goeie hoërskole, het van my gehoor en my ’n plek aangebied. Maar Calling Academy is baie ver van ons af en die Mergon-beurs het vereis dat die skool Afrikaans moes wees.

Wonderwerk op die nippertjie
Die twee goeie skole waar ek geweier is, se aansoeke het toe in elk geval reeds gesluit. Mergon het voorgestel dat ek aansoek doen in Worcester, maar ek was nog nooit verder as die Strand en die Paarl in my lewe nie! Ek en my ma het nie kans gesien om my in ’n ander dorp, ver anderkant die berge, in ’n koshuis te gaan laat bly nie. Die oggend wat my beursaanbod sou verval – net betyds – het God deur ’n wonderwerk iemand gestuur met guns by die skoolhoof van Hoërskool Stellenbosch en my aansoek is hersien. Ek is uiteindelik goedgekeur as skolier en koshuisleerder vanaf 2022! Die trane het gevloei en ons het gelag en in die rondte gedans, want God was getrou! Vir die meeste leerders in Stellenbosch is dit dalk maar net ’n keuse by watter hoërskool hulle aansoek wil doen, maar vir ander, al werk ons baie hard en bly om die draai van die skool af, is dit ’n Goddelike wonderwerk om toegelaat te word en boonop met ’n ten volle betaalde beurs. Hoe sou ek dit ooit sonder die Here kon bereik het?

Die kersie op die koek
Die kersie op die koek was toe my onderwyser my “presidenttoespraak” wat opgeneem is, vir sy seun, oom Keanan Hendricks, een van Capitec Bank se konsultante, gestuur het. Hy het dit op sy beurt by ’n vergadering vir sy bestuurders gewys. Capitec het by ’n plegtigheid by die skool vir my ’n splinternuwe skootrekenaar geskenk en vir die skool ’n bydrae vir die biblioteek gegee. Boonop het Pick n Pay ook vir my ma ’n geskenkbewys gegee waarmee sy vir ons ’n gasstofie kon koop. Ek het gevoel asof ek droom.

God sien ons raak
Ek wil graag ander kinders bemoedig om hard te werk en die Here te dien. Hy sien ons raak en beloon harde werk en beantwoord gebede wat vra vir kennis, wysheid en insig.


1 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org