Deur: pastoor Rudi Briel

Blydskap het ’n unieke genesende uitwerking op die menslike liggaam. Navorsing het onder meer die volgende bevindings gemaak: Blydskap bevorder die immuniteitsisteem en lewensvreugde bevorder die selle wat inflammasie beveg. Daarom het hospitaalpasiënte wat humoristiese beeldmateriaal gewys is, spoediger herstel. In ander navorsing is ’n humoristiese video aan 16 gesonde mense vertoon en die volgende is bevind:
• Byna almal se adrenalienvlakke het tot 70% gedaal. (’n Oorafskeiding van adrenalien beskadig onder meer bloedvate, verhoog die bloeddruk en verhoog die risiko van hartaanvalle of beroertes.)
• Die streshormoon, kortisol, het met 39% gedaal. (Baie hoë vlakke kortisol wat te lank in die bloedstroom aanwesig is, het dieselfde uitwerking as suur en brand die are en organe.)
• Groeihormone het tot 87% gestyg. (Groeihormone is onder meer belangrik omdat dit die metabolisme versnel, vetterige neerslae verbrand, selle verjong, wondgenesing versnel en die liggaam se algehele uithouvermoë bevorder.)

Verskeie faktore speel ’n rol in die bevordering van gesondheid, waarvan blydskap dus ook ’n baie belangrike faktor is. Onderhou dus jou blydskap:
1. Vind eerstens vreugde in jou verhouding met God (Ps 37:4,5 – 1983-vertaling).
2. Fokus op die dinge daarbo en nie op die aardse nie (Kol 3:2).
3. Bid dat die Heilige Gees jou beïnvloed met Sy blydskap (Gal 5:22).
4. Kweek ’n gesindheid van dankbaarheid (1 Tess 5:18).
5. Weer chroniese verdriet uit jou hart (Pred 11:10).
6. Doen eerbare dinge wat jou blydskap bevorder en geniet jou seëninge.

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by
admin@agscenturion.co.za


31 Augustus 2021

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org