Deur: Maretha Maartens

Niemand kan die diepte van rou smart lees nie. Dit kan inderdaad net gevoel word. Verlies het sy eie trappe van vergelyking: ’n stellende, vergrotende en oortreffende trap. In die Woord van God, so onuitputlik soos ’n standhoudende fontein, herken die mens ook die fatale trap van verlies.

Die stellende trap van verlies
Ons beleef gewone verlies – verlies in die stellende trap – wanneer die planke en blikke wat ons buite opgaar, verroes, deur houtkewers aangeval en deur die elemente krom getrek word. Ons verloor ons opgaargoed. Ag, nou ja.

Die vergrotende trap van verlies … of méér?
Wanneer waardevolle besittings soos rekenaars of duur juweliersware gesteel word, ervaar ons verlies in die vergrotende trap. Ai, ai. Maar ’n tragedie is dit darem nie.

Of kyk ons dalk ’n groot verlies mis? Jesus sê: “Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie … want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees” – Matteus 6:19. Wanneer ons meer opgaar as wat ons nodig het, is ons besig om ons hart, ons menswees, op “die koninkryke van die wêreld met hulle prag” te verloor (Matt 4:8-10). Ons verloor ons bestaansrede – om beelddraers en verteenwoordigers van God te wees (Gen 1:26,27).

Die oortreffende trap van verlies
Innerlike verlies aan lig, vreugde en vryheid is die oortreffende trap van verlies. Jesus sê: “Die lamp van jou liggaam is die oog … As jou oog sleg is, is jou hele liggaam ook sonder lig. Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.” – Lukas 11:34,35

Wat ’n ontsettende verlies! Maar juis hiervoor dat God Sy Seun gegee het, sodat elkeen wat in sy siel die bodem getref het, vryspraak en die nuwe lewe in Jesus Christus kan ontvang: “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God.” – 2 Korintiërs 5:17-19

En die fatale verlies?
Wat is die fatale verlies? Dié vraag het niemand nog ooit vir my gevra nie. Tog moet elkeen van ons weet wat dit is. Die fatale verlies is om die absolute, heilige en onaantasbare waarheid te verloor.

Ou Testamentiese gelowiges het gebid: “Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning!” – Psalm 43:3. God het dié gebed verhoor: Hy het Sy lig en waarheid aan sondaars geskenk.

Jesus het vir die mensdom wat alle lig, vryheid, lewensin en die lewe self verloor het, gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” – Johannes 14:6 (2020-vertaling). “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” – Johannes 8:32. Die Waarheid is ’n Persoon, Jesus Christus.

Gebed
Ons Vader in die hemel, open ons oë, sodat ons en ons hele na-geslag sal sien wat die fatale verlies is: om Jesus Christus te verloor en te verlaat. Om u Woord, die absolute waarheid, te verruil vir … niks. Raak ons aan, sodat ons U sal sien soos U is. Amen.

MarethA Maartens het in 57 jaar ± 160 gepubliseerde boeke geskryf. Sy en Hennie is 52 jaar lank getroud en het twee getroude dogters en vyf kleinkinders.


27 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org