Wat aanvanklik as ’n onderneming begin is om gehalte wasbare produkte te lewer aan mense wat aan inkontinensie ly, is deur God in ’n bediening omskep wat mense se waardigheid herstel. Ons het verlede jaar met Dignity4You begin, toe Anne-marie se ma, ’n Parkinson-pasiënt, inkontinensieprobleme ontwikkel het wat haar van haar waardigheid ontneem het. Sy het te skaam geword om in die openbaar te verskyn en ons moes ’n manier vind om haar lewensgehalte te verbeter.

Goedkoper en beter
Ons het die besigheid se naam na Dignity4You verander en het tans ses produkte van hoë gehalte in ons reeks wat alles in Suid-Afrika vervaardig word. Ons verkoop twee soorte waterdigte broekies (waterproofs), inkontinensiebroekies vir dames en mans, sowel as doeke vir volwassenes. Ons het ook ’n waterdigte poliëster treklaken. Al ons wasbare broekies, onderbroeke en doeke word van 100% katoen gemaak en kan tot 200 keer gebruik word. Hierdie omgewingsvriendelike katoenprodukte is baie bekostigbaar en is in werklikheid op ’n jaarlikse kostebasis drie tot vyf keer goedkoper in vergelyking met soortgelyke weggooibare produkte.

Geleentheid om te bedien
Ons bereik ‘n groot gemeenskap van verleë en geïsoleerde mense via ons Facebook-bladsy www.facebook.com/dignity4you sowel as ons webtuiste www.dignity4you.com. Mense in nood het dikwels net ’n woordjie van bemoediging nodig en ons is bevoorreg dat die Here ons die geleentheid gegee het om hulle te bedien.

Mediese fondse is gewillig om te betaal!
Al ons produkte het ’n MediKredit NAPPI-kode en kan deur jou mediese fonds terugbetaal word. Cheryl Hawkins van Conticare in Port Elizabeth hanteer al ons mediese fondseise en sy kan direk by 041 365 2466 gekontak word vir mediese fondsbestellings. Ons lewer landswyd af.
Ons verklaar Jeremia 29:11 oor al ons kliënte: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!” Net Hy kan jou waardigheid ten volle herstel.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)