Deur: Maureen Riordan-Bull

Die oggend van 13 Desember 1981 het geen aanduiding gegee van wat die dag inhou nie; die weer was mooi ná die vorige nag se reën, die towertapyt van veldblomme en fynbos het die heuwels van Wellington se Sneeukop-bergreeks in ’n manjifieke panorama omskep. Ons groep van dertien ervare stappers het die vorige dag in die Ceres-omgewing aangekom. Daardie oggend het ons reeds ’n redelike afstand van sowat agt kilometer van die oornaghut afgelê, waar ons die vorige aand ’n heerlike aandete, oor die kole voorberei, geniet het.

Kortpad gekies
Die plan was om tot by die Witrivier te stap en die smal voetpaadjie deur die fynbos te volg tot by ons oorspronklike beginpunt naby die berghutte. Ons het bykans twee ure lank gestap, met die groep wat kort-kort gestop het om ’n besonder pragtige blom te bewonder en te bespreek.

Ek het teruggetree van die plant wat ek van naderby bekyk het en agtergekom ek is alleen; die meeste van die stappers was ver vooruit; daar was net ’n paar agterosse agter my. Ek was geïrriteerd met myself omdat ek so onoplettend was en nie bygehou het nie. Ek het kortpad gekies om die agterstand so vinnig moontlik uit te wis.

Ondraaglike pyn
Veertig jaar later onthou ek steeds nie wat gebeur het nadat ek daardie eerste tree gegee het om die groep in te haal nie. Ek het teen ’n helling afgetuimel tot op ’n plat rots in die Witrivier. Ure het verloop voordat ek my bewussyn herwin het. Ondraaglike pyn het dit uiters moeilik gemaak om asem te haal. Ek het probeer om op te staan uit die posisie waarin ek was – sittend met my bene uitgestrek voor my en toegepak onder die ander se anorakke. Ek het gekreun van die pyn. Sue, my vriendin, het my sagkens teruggedruk en gehelp om teen ’n stapel rugsakke terug te lê wat om en agter my opgestapel was om my regop te hou. Ek het die vreemde sensasie gehad dat ek in stukke gebreek is.

“Lê stil, Mo,” het sy my vermaan. “Die dokter sal nou-nou hier wees om jou iets vir die pyn te gee.” Ek het my oë toegemaak en skielik baie moeg en slaperig gevoel. Ek het in ’n beswyming weggedryf wat die een of ander tyd onderbreek is deur ’n beker water wat teen my lippe gehou is, maar weer verwyder is nadat ek geen reaksie getoon het nie.

Geperforeerde long
Ek het stuiptrekkings begin kry van die koue en tekens van hipotermie getoon. My kopwond het ook nog gebloei. Ek het in ’n stadium iets koud op my bors gevoel: Dit was die dokter wat 130 km ver uit Kaapstad ontbied is, wat met sy stetoskoop na my hart geluister het. My oë het baie effens oopgegaan om te sien wie aan my gebroke lyf vat. Dit was asof alles met iemand anders gebeur, nie met my nie. Ek was heeltemal verwyderd van alles om my.
Ek het iemand hoor sê dat ek nie op ’n draagbaar vervoer kon word en ook nie morfien kon ontvang nie weens die aard van my beserings, wat blykbaar veelvuldig en ernstig was, veral die geperforeerde long.

Reddingsvlug in die nag
’n Weermaghelikopter is ontbied. Dit het sowat tien uur ná my ongeluk aangekom, maar om dit te land was onmoontlik weens die klipperige terrein en die pikdonkerte. Dit het bo die grond gehang terwyl vier stappers die draagbaar opgetel en my ingelaai het – die ontsettende pyn het veroorsaak dat ek dadelik weer my bewussyn verloor het.

’n Wonderwerk
Dit was gedurende hierdie bewustelose tydperk dat ek ’n vreemde ervaring gehad het. Ek het later gehoor dat dié tipe ervaring nie ongewoon is vir mense wat naby aan die dood is nie. Hoe naby ek was, is deur die dokter bevestig wat my op die berg behandel het. My hart het twee keer gaan staan; hy het geen kliniese verduideliking gehad vir die feit dat ek dit oorleef het nie en kon net sy kop in verbystering skud en sê: “Dit was ’n wonderwerk.”


Maureen en die groep vriende in 1981, tydens hulle staptog na Sneeukop

Onsigbare hande tel my op
Ek het gevoel hoe onsigbare hande my in die lug optel. Ek het myself skielik in ’n vakuum bevind, in totale duisternis, maar met ’n opening wat wyd genoeg was om ’n panoramiese uitsig oor berge en platteland toe te laat. Toe ek afkyk na die toneel onder my, het dit gelyk asof die hele area deur ’n groot, geel kollig verlig is. Ek kon my vriende duidelik sien – en myself gestut teen die rugsakke en bedek deur ’n hoop anorakke. Ek het gesien hoe Sue ’n bebloede lap in die rivier uitwas.

’n ‘Teenwoordigheid’
Ek het bewus geword van ’n “Teenwoordigheid” agter my. Dit was geensins bedreigend nie. Uit die duisternis het ’n liggaam verskyn wat waarlik oor my uitgetoring het, iets wat slegs as ’n liggrys mis beskryf kan word en waarvan die vorm vaagweg dié van ’n mens was, maar met geen sigbare gelaatstrekke nie. Ek het geen vrees ervaar nie: ook nie pyn nie, net hemelse vrede. Ek kon vir ewig daar bly en het vir myself gesê: Hoekom wakker word?

‘Jou tyd het nog nie gekom nie’
Dit was op daardie presiese oomblik dat ek ’n stem gehoor en “gevoel” het wat met my praat op ’n manier wat ek net kan verduidelik as die klank van donderweer in die verre berge. “Jou tyd het nog nie gekom nie,” het die stem gesê. Ek glo dat God gehoor het wat ek dink, want ek het weer die woorde “jou tyd het nog nie gekom nie” in daardie hemelse stem gehoor.

Geestelike ervaring het my verander
Twee dae later het ek uit die hospitaal gestap. Nou, veertig jaar sedert daardie geestelike ervaring op die berg, dank ek God dat Hy Sy geloof by my ingeboesem het en my lewe gered het. Vandag is ek oud en tevrede met my lewe. Ek ervaar groot vreugde as ek aan God dink of van Hom kan getuig.


18 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org