Deur: pastoor Ron Kinnear

Daar is baie wat ons kan geniet of doen om Kersfees onvergeetlik te maak. Pastoor John Wasserman het een Kersdag by sy gemeente in Bonaero Park gepreek daaroor om uit te reik en Kersfees vir ander spesiaal te maak. Hy het genoem hoe sy gesin al mense op straat geseën het met klere, kos, gebede, ens.

Hy het die gemeente aangemoedig om ander daardie Kersdag raak te sien en hulle te seën. Terug by die huis het die heerlikste skaapboud met alles wat daarmee gepaardgaan op hulle gewag. Voordat die gesin geskenke begin uitdeel en vir die feesmaal aangesit het, was hulle in die voorhuis byeen. ’n Stilte het geheers. Dit was asof almal diep gepeins het oor die preek. John het hulle gedagtes gelees en gevra of hulle dieselfde gedagtes as hy koester.

Soos een man het hulle uitgeroep: “Ja!” Spontaan het John, sy vrou, Bev, asook Ryan, Daniel en Amy besluit om elke sent wat in die huis was aan behoeftiges te gaan uitdeel. In reële terme het dit etlike duisende rande beloop. Toe bid hulle vir leiding om te saai waar die nood is. In die verlate strate van Bonaero Park het ’n gesin aangestap. Albei ouers het ’n kind gedra, die ander het self saamgestap. Die gesin het alles wat hulle besit het, ook saamgedra.

Hulle het hulle verblyf verloor en was op pad na ’n kamer wat aan hulle beskikbaar gestel is. Niks om te eet nie. Niks om na uit te sien nie. Die Wassermans het hierdie gesin se lot daar en dan verander! Die vreugde en waardering vir die hulp het ’n blywende indruk op John se hele gesin gemaak. Hulle het dit geniet om die behoeftige gesin ’n geseënde Kersfees toe te wens en saam met hulle te gesels, te lag en te bid. Weer tuis, moeg en honger, was almal van mening dat dit die beste Kersdagviering ooit was. Dit het so ’n indruk op hulle gemaak dat dit jaarliks herhaal word! “Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan my gedoen.” – Matteus 25:31-40

RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling en stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za


26 Januarie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org