Deur: Tendai Chitsike

Vandag se kinders word in hulle geloof deur groot uitdagings in die gesig gestaar weens dinge wat slegs ’n geslag gelede glad nie teenwoordig was nie. Ons het inderdaad nog altyd te kampe gehad met die begeerlikheid van die vlees, die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe (hoogmoed), maar dít wat ons tans beleef, is ’n baie direkte aanslag op jongmense se geloof.

Verskeie maniere om kinders tuis asook by die skool te dissiplineer, is nou verbode en die gevolge hiervan is skokkend vir dié van ons uit die vorige geslagte. Ongefiltreerde en ongemonitorde toegang tot sosiale media is toenemend beskikbaar vir selfs die jongste van kindertjies. Dit is nie meer ongewoon dat kinders jonger as dertien hulle eie slimfoon besit nie. Die beskouing is deesdae dat kinders nie uitsluitlik net aan hulle ouers behoort nie, maar ook aan die skool en die staat.

Klimaatvreesaanjaers en ander aktiviste vir sosiale
geregtigheid beskou kinders onbeskaamd as hulle teikenmark. Die Christelike wêreldbeskouing is in skoolkurrikulums met sekulêre humanisme vervang. Jong volwassenes wat Christene is, kom dus uit die skoolstelsel sonder insig oor die uniek lewensveranderende uitwerking wat Christenskap in die samelewing het. Kritiese rasseteorie en transgenderisme het ook in verskeie skole begin posvat, insluitend sommige van dié wat bely dat hulle Christelik van aard is. Dit is nie meer ongewoon vir skoolsport om die hele naweek, insluitend Paasfees, in beslag te neem nie. Getroude paartjies wat dikwels oorlaai voel, lang ure werk en toenemend ver weg van die huis af is, span Netflix as die tuisblyouer in. Met dit alles in ag genome moet ons onsself afvra: Met dít wat hulle moet trotseer, sal die volgende geslag die nodige dissipelskap ontvang sodat hulle Jesus sal liefhê en volg?

Radikale verskuiwings in die samelewing
Eerstens moet ons in antwoord hierop die radikale verskuiwings erken wat binne een geslag plaasgevind het. Daar is weliswaar ook ’n paar positiewe aspekte in vergelyking met die vorige eeue. Om bloot ’n nominale Christen te wees, bied iemand nie meer dieselfde kulturele respek as voorheen nie. Dus distansieer dié wat nie werklik gelowig is nie hulle nou van Christenskap – wat dit baie duideliker maak wie werklik Christene is.

’n Paar dekades gelede was daar nietemin geen sosialemedia-afknouery nie, transgenderisme het nie bestaan ​​nie, die huwelik was tussen ’n man en ’n vrou en die kultuur – hoewel nie noodwendig Christelik nie – was beslis meer tegemoetkomend teenoor Christene in die openbare arena. Al hierdie veranderinge is nie sonder gevolge nie. Die wyd gerespekteerde meningspeilingsfirma, die Barna Group, teken deurgaans aan dat die jonger geslagte Christene baie minder geneig is om aan ’n Bybelse wêreldbeskouing gehoor te gee as ouer Christene.

Gebruik die hulpbronne wat beskikbaar is
Tweedens moet ons gebruik maak van hulpbronne wat ons en die volgende geslag kan help om hulle weg deur ’n post-Christelike era te navigeer. Die Christelike skrywer en apologeet, Natasha Crain, het in hierdie verband doeltreffende materiaal ontwikkel, veral met haar jongste boek, Faithfully different. Ons moet ook bereid wees om in ons eie lewens kontra-kulturele opofferings te maak om die fakkel van geloof aan die volgende geslag te oorhandig. ’n Vriendin van my het uit haar hoogvlieënde pos bedank omdat haar kinders haar skaars gesien het. Sy het ’n baie laer salaris in haar nuwe pos verdien, maar sy het meer tyd beskikbaar gehad vir haar kinders en kon die primêre invloed in hulle lewens wees. Deur God se genade het al twee haar kinders nou ’n sterk geloof van hulle eie, maar dit het opoffering gekos om hulle daar te kry.

Bowenal moet ons ons hoop in die God van Sadrag, Mesag en Abednego stel. Hy het hierdie jongmanne in staat gestel om in ’n heidense ryk staande te bly en Hy sal ons die krag gee om in hierdie een dieselfde te doen.

TENDAI CHITSIKE is die pastoor van Every Nation Church in Makhanda. E-pos: engrahamstown@gmail.com


24 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org