Deur: Herman de Kock

Noem Dawid en oorwinnaar in dieselfde sin en die beeld wat onmiddellik in almal se gedagtes opkom, is Dawid wat Goliat met een klippie uit sy slingervel grond toe laat tuimel. Hierdie is die gebeurtenis wat gemaak het dat Dawid se dade tien keer groter geag was as dié van Saul (vergelyk 1 Samuel 18:8).

As ons na Dawid se heldedaad in 1 Samuel 17 kyk, is daar ’n paar belangrike dinge wat ons kan leer rakende Dawid se oorwinning. Reeds in vers 26 kry ons ’n blik op die bron van Dawid se oorwinning. Dawid beskou God nie as ’n gelyke met die ander gode nie.

Vir Dawid bestaan daar geen ander god nie anders as vir van die dapper soldate om hom. Hierdie vaste wete van Dawid weergalm deur die Psalms. Lees Psalm 18 – kyk spesifiek na vers 32 – en Psalm 19 om te sien hoe Dawid vir God as die Almagtige en Enigste beskou. Dan is daar ook nog Psalm 27 wat gelees kan word as die bron van waar Dawid se getuienis in 1 Samuel 17:34-37 vandaan kom.

In Psalm 28 maak Dawid dit ook in vers 6 en 7 baie duidelik dat hy God ten volle vertrou. ’n Verdere treffende ding wat ons uit Dawid se oorwinnings kan leer, is dat Dawid deurgaans nederig gebly het. Kyk maar na die voorbeeld in 1 Samuel 18:23 hoe Dawid reageer na die groot oorwinnings wat hy behaal het.

Een van die treffendste dele wat Dawid se nederigheid en agting vir God deur alle oorwinnings bevestig, is die lied wat hy in 1 Kronieke 16 vir God sing. Lees gerus van vers 8 tot 36 en sien hoe Dawid, die groot oorwinnaar, in al sy oorwinnings deurgaans na God wys. God se eer is al wat vir hom saak maak.

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.

www.geloofstroom.org


3 Augustus 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)