Deur: David Malherbe

In sy boek Essentialism, The Disciplined Pursuit of Less waarsku Greg McKeown teen die “endowment effect”. Dit verwys na ’n mens se onwilligheid om afstand te doen van iets wat jy besit. Dit is baie moeiliker om iets wat jy besit, weg te gee as om iets wat jy geleen het, terug te gee, want die geleende item was nooit joune nie.

Boeke as voorbeeld
Dink hoe ’n boek wat jare lank op jou boekrak staan, sonder dat jy dit gebruik, skielik in waarde toeneem wanneer jy oorweeg om dit weg te gee. Indien dit ’n boek is wat jy gesukkel het om in die hande te kry, is die band nog sterker. Akademiese boeke wat jy vir jou graad- of diplomastudies gebruik het, is seker die moeilikste om van ontslae te raak. Die ure van intense bestudering daarvan het ’n emosionele band daarmee laat ontstaan wat soveel sterker is. Hoe sterker die emosionele band, hoe moeiliker is dit om van iets ontslae te raak.

Emosionele bande met ‘hartsgoed’
Wanneer ’n mens op my ouderdom besluit om af te skaal en na ’n kleiner plek te verhuis, word jy met die emosionele band wat jy met jou besittings het, gekonfronteer. Die meubels wat jare lank deel van ons leefwêreld was, is volgens my vrou ons “hartsmeubels” of “hartsgoed”. Party meubels het aan ons ouers of grootouers behoort en hierdie sentiment versterk ook die emosionele band.

Met ons voorbereiding vir die trek na ’n kleiner blyplek toe, is ek baie bewus van die afskeide wat ons tans beleef. Om 10% af te skaal, is nie te moeilik nie; 30% kleiner raak al moeiliker, maar wanneer jy 50% moet afskaal, begin ’n mens meer emosioneel raak. Daar is meer hartsgoed waarvan jy moet afskeid neem.

Onverwagte skok
’n Afslaervriend vertel dat ’n man wat ouetehuis toe moes gaan, hom gevra het om sy hele huis se meubels op te veil. Hy het besorgd vir die bejaarde man gewaarsku dat dit ’n groot emosionele skok kan wees, want die huis sou ’n uur ná die veiling basies leeg wees. Die man het gesê dat hy as ’n voormalige senior offisier in die weermag, nie ’n emosionele mens is nie. Ná die veiling was die man in so ’n toestand van skok dat hy dringend na sy pille gesoek het – wat toe ook skoonveld was. Die afslaer moes hom toe dokter en apteek toe neem vir ’n nuwe voorskrif.

Perspektief op aardse besittings
Daarom glo ek dit is goed om ook uit die Here se perspektief na ons aardse besittings te kyk. In Psalm 24:1 sê Dawid: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here.” Dit wil sê “my” besittings is eintlik
“Sy” besittings.

Ouderdom bring nuwe insig
Terug na ons trek: Ek besef baie van die goed wat ek nou moet weggooi, is voorheen met swaar verdiende geld gekoop, maar nou gaan dit veiling of skrootwerf toe. Ek besef ook dat sekere goed wat vroeër vir my belangrik was om te besit, nie nou juis meer so belangrik is nie. Dit herinner my aan 1 Korintiërs 13:1: “Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ek die dinge van ’n kind afgelê.” Ja, namate ons ouer word, sien ons dinge in ’n ander lig en met ’n nuwe perspektief.

Ek glo ook dat namate ons verhouding met die Here oor jare groei, die woorde van die lied, “Turn your eyes upon Jesus”, vir ons ’n groter werklikheid word: “Turn your eyes upon Jesus, look full in His wonderful face; and the things of the earth will grow strangely dim in the light of His glory and grace.” Maar dit is die pad wat ons almal stap. Namate ons kinders opgroei, raak ons huishoudings groter en brei ons uit en wanneer hulle die nes verlaat, is die huishouding te groot vir twee mense.

Só, met die afskaal vir die trek na ’n kleiner blyplek, het ek nou ook ’n beter begrip vir Paulus se woorde in 1 Korintiërs 7:29-32: “… dié wat iets aankoop, (moet leef) asof hulle dit nie besit nie … Ja, dié wat met die dinge van die wêreld te doen het, moet leef asof hulle daar niks aan het nie, want hierdie wêreld soos ons hom ken, is aan die verbygaan. Ek wil hê julle moet vry wees van sorge.” Dus is Greg McKeown se “disciplined pursuit of less” dalk nie so ’n slegte idee nie.

DAVID MALHERBE is beskikbaar as spreker en bied graag die kursus Business by the Book / Besigheid volgens Bybelse Beginsels aan. Hy is ’n loopbaankonsultant en kenner t.o.v. CV’s en LinkedIn. Kontak hom via sy webblad by jedidiah.org.za en teken ook op sy gereelde nuusbrief in.


7 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org