Deur: Maretha Maartens

Turning and turning in the widening gyre
the falcon cannot hear the falconer;
things fall apart; the centre cannot hold;
mere anarchy is loosed upon the world …
Surely some revelation is at hand;
surely the Second Coming is at hand.

The Second Coming!
Hardly are those words out
When … somewhere in sands of the desert
a shape with lion body and the head of a man,
a gaze blank and pitiless as the sun,
is moving its slow thighs …

… What rough beast, its hour come round at last,
slouches towards Bethlehem to be born?

As studente moes ons uitpluis waaroor William Butler Yeats se gedig, “The Second Coming”, nou eintlik handel. Yeats is in 1865 gebore en het op 28 Januarie 1939, sewe maande voor die aanbreek van die Tweede Wêreldoorlog, gesterf. Hy het die oorlogswolke sien saampak en sy draaikolk- (gyre), vorteks- of werwelkolomteorie in dié gedig verwoord. Hy skryf oor die onafwendbare opeenvolging van wêreldmoondhede en ideologieë wat een na die ander met tussenposes van ongeveer 2 000 jaar vervang word deur ’n eens swakker, maar meedoënloos opkomende mag.

Metaforiese beelde kry gestalte
Op 24 Februarie 2022 het ons iets soos die werwelkolom van Yeats se gedig op ons televisieskerms begin sien. Op dié dag verskyn ’n bydrae van Knox Thames in Religion News Service. Hy skryf: “Putin is after more than land — he wants the religious soul of Ukraine.”
Verbaas ontdek ons toe hoe diep verdeeld die Christelik-Ortodokse Kerk in die Oekraïne is. Aan die een kant is daar die Russies-Ortodokse Kerk, bekend as die Oekraïnies Ortodokse Kerk- Moskou Patriargaat. Aan die ander kant is daar die Ortodokse Kerk van die Oekraïne, die Kiëf Patriargaat.

Binne ’n oogwink het alles verander
Die Oekraïne het opeens ’n plek van gebed geword. Knox Thames skryf: “Tanks are rolling down from Russia, Russian Orthodox priests are blessing the tanks, while Ukrainian Orthodox priests are blessing the Ukrainian soldiers to fight against Russia.” Die kapitulasie-doelwit, skryf Thames, is sowel fisies as spiritueel.

Wat kan ons bid?
En nou? Soos koning Dawid wil en kan ons in tye soos hierdie net uitroep:
• “Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.” – Psalm 119:130
• “Op u woord kan ’n mens hom geheel en al verlaat.” – Psalm 119:160
• “Oor u woord is ek so bly soos iemand wat ‘n groot skat in die hande gekry het.” – Psalm 119:162

Ja, met nuwe insigte en agtergrondinligting soos hierdie, is die Woord ons GPS, ons brood, die kragkos wat elke Christen met die nageslag en vriende kan deel. Die Woord gee lig wanneer oorlogswolke die lig van die fisiese son verduister.

Bedink die dinge wat daar bo is
Die Woord galm luid en lieflik oor die Christendom:
• Ons Verlosser sal sekerlik kom. Die Bruidegom sal Sy Bruid kom haal (Matt 24:6 ; Mark 13:7; Luk 21:9-19; 28-31).
• Ons, die uitverkorenes, is gemerk vir bewaring en behoud (Op 7, spesifiek 7:3).
• Ons kan ’n gebed wat sekerlik verhoor sal word, vir ons nageslag en vir ons medegelowiges bid (Ef 3:7-14).
• Jesus Christus sal nou, en elke dag van ons lewe, by ons wees (Matt 28:20; Heb 13:5b).
• Ons is toegerus met wapenrusting uit die Hemel
(Ef 6:10-18).

Loof die Here vir Sy Woord wat Hy as Boek van Sy liefde aan ons gegee het.

Maretha Maartens het in 57 jaar ± 160 gepubliseerde boeke geskryf. Sy is en Hennie is 52 jaar lank getroud en het twee getroude dogters en vyf kleinkinders.


26 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org