-deur Val Waldeck

God is nie die probleem nie; dit is die mensdom. Ons is na die beeld van God geskape, maar het afgedwaal (Gen 1:27, Jes 53:6). Adam se sonde het daartoe gelei dat die mens se hart “bedriegliker as enigiets anders” en verdorwe geword het (Jer 17: 9). Dit laat ons met ’n paar gewigtige keuses.

Die Here het ons ’n vrye wil gegee om self ons pad te kies. Daarom is Josua se woorde so van toepassing: “Kies dan vandag wie julle wil dien …” – Josua 24:15. Slegte keuses het altyd nagevolge, nie net vir ons nie, maar ook vir dié op wie ons ’n invloed uitoefen. Die gevolge is ellende en hartseer. 

God, wat ons geskape het, het Sy handleiding (die Bybel) aan ons gegee. Wanneer Sy heilige beginsels verontagsaam word, lei dit altyd tot rampspoed en mislukking. “Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie” – Psalm 119:11. As ons kies om die Verlosser te volg, sal die kenmerke van Sy lewe (die vrug van die Gees) toenemend ook in ons lewe weerspieël word. Om God en ons naaste lief te hê, is die teenmiddel vir ellende en hartseer.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)