“Maar die bloed sal vir julle ’n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.” – Eksodus 12:13

Die oordeel van God sou in Egipteland val. ’n Doodsengel sou besoek bring aan die oudste seun van elke huis. In daardie nag sou God se oordeel van dood voor elke deur gaan staan. Om hierdie oordeel af te weer, het elke huisgesin die kans gehad om die bloed van ’n Paaslam aan die deurkosyn te smeer. Waar die doodsengel hierdie bloed sien, sou hy verbygaan en die gesin van God se oordeel spaar. Die lam se bloed en aanwending daarvan was natuurlik al vroeg in die Ou Testament ’n vooruitskouing na die kosbare bloed van ons Paaslam, Jesus Christus, wat vir dié wat dit deur bekering en wedergeboorte sou aanneem, redding sou bring van God se oordeel oor sonde.

“… want ook ons Paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus” – 1 Korintiërs 5:7. “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade” – Efesiërs 1:17. “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word.” – Handelinge 3:19

Dit het nog nooit verander nie: Redding van God se toekomstige oordeel oor die wêreld en die mens, is steeds slegs moontlik deur die belydenis, geloof en aanneming van Christus se reddings-bloed. Daar is ’n oordeelsdag aan die kom (1 Joh 4:17). God se oordeel sal weer eens by élke deur van élke hart kom stilstaan en waar die bloed van die Paaslam gesien word – slegs daar – sal die finale oordeel van God verbygaan. “Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in Sy bloed, deur Hom gered word van die toorn”. – Romeine 5:9

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by admin@agscenturion.co.za


30 April 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org